
Argieffoto Foto: SAPD, Facebook
Ao. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê die 41-jarige man is Vrydag by ʼn drankwinkel op die hoek van Bree- en Ntemi Pilisostraat in hegtenis geneem.
“Die verdagte het glo sy vriendin aangerand en ʼn vuurwapen op haar gerig. Sy het die polisie ontbied en hulle is na sy werkplek. Die polisie het die verdagte na sy huis geneem waar hulle op ʼn vuurwapen en ammunisie beslag gelê het,” het Mbele gesê.
Die polisie het glo vasgestel dat die regmatige eienaar van die vuurwapen reeds oorlede is. Mbele het gesê die polisie ondersoek hoe die vuurwapen in die verdagte se besit beland het. Die verdagte sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.