Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Toeris verdrink by Durban-strand

$
0
0

Argieffoto: www.hoteldurban.com

Argieffoto: www.hoteldurban.com

ʼn Toeris het Sondagoggend by Noordstrand in Durban verdrink.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man, wat glo van Rusland is, het omstreeks 10:50 in die moeilikheid beland terwyl hy geswem het. Lewensredders het die man uit die water gered en onmiddellik mond-tot-mond-asemhaling begin toepas terwyl hulle vir paramedici gewag het.

Volgens Botha het paramedici kort hierna op die toneel opgedaag en die man begin behandel. “Ondanks al hul pogings is die man op die strand dood verklaar.”

Die voorval volg nadat twee toeriste, ʼn egpaar van Ierland wat op wittebrood in Suid-Afrika was, Vrydag by Plettenbergbaai verdrink het. Lees meer hier.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!