Quantcast
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘Rykes se belasting moet studentefooie betaal’

Sanco (die SA National Civic Organisation) het Vrydag voorgestel dat rykdombelasting ingestel word om studente-onderrig te befonds. Die voorstel volg op pres. Jacob Zuma se aankondiging Vrydagmiddag dat daar geen verhoging in tersiêre instellings se 2016-fooie sal wees nie.

Jabu Mahlangu, SANCO nasionale woordvoerder, het gesê volgens onlangse statistiek verdien 530 000 mense gemiddeld R1.2 miljoen ʼn jaar. “As rykdomsbelasting van 2% verhaal word, sal R12 miljard ingesamel word om gratis onderrig mee te befonds,” het hy gesê.

Mahlangu het studente ook aangemoedig om die proses waaroor tydens die vergadering met Zuma ooreengestem is, kans te gee om geïmplementeer te word. Die organisasie het gesê die regerende party is toegewyd tot beter onderrig en minder ongelykhede.

“Die ANC se 2015 hoofraad het ook hul kommer uitgespreek oor universiteitsfooie wat te hoog is en gesê die regering moet ʼn manier vind om dit te reguleer,” het hy gesê.

Zuma het vroeër gesê ʼn presidensiële taakspan wat aangestel is om die befondsingskwessie te ondersoek, sal ook kyk na ander kwessies soos gratis onderrig, onafhanklikheid van tersiêre instansies, rassisme en studenteverblyf.

Zuma se aankondiging kon egter nie daarin slaag om ʼn groep oproerige studente te laat bedaar nie. Kort ná die aankondiging het geweld weereens by die Uniegeboue losgebars, toe polisiebeamptes met klippe bestook is, ʼn polisievoertuig aan die brand gesteek is en skokgranate en rubberkoeëls deur die polisie afgevuur is.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!