Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

KZN-man glo deur werkgewer doodgeskiet

$
0
0

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Veiligheidsbeampte van KwaZulu-Natal is dood nadat hy glo twee keer deur sy werkgewer geskiet is.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Dinsdagaand by ʼn Durbanse laerskool gebeur waar die veiligheidsbeampte aan diens was.

Die twee mans het glo in ʼn rusie betrokke geraak en die veiligheidsbeampte het na bewering sy werkgewer met ʼn mes gesteek. Die werkgewer het terugbaklei, sy vuurwapen uitgehaal en die veiligheidsbeampte in die maag en skouer geskiet. Hy is op die toneel dood.

Woedende inwoners van die Bottlebrush- informele nedersetting het in reaksie op die skietvoorval betoog en twee motors wat aan die veiligheidsmaatskappy behoort aan die brand gesteek, het Zwane gesê. Onluste-polisie is ontbied om die ongeveer 500 inwoners uiteen te jaag.

Volgens Zwane is die eienaar van die veiligheidsmaatskappy in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas. Hy is tans onder polisiebewaking. Zwane kon nie bevestig of die man deur die inwoners aangerand is nie.

ʼn Saak van moord word ondersoek.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621