Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Reeva Steenkamp se ma stel stigting bekend

$
0
0

Reeva Steenkamp

Reeva Steenkamp

June Steenkamp het Woensdag die Reeva Steenkamp-stigting bekendgestel by die St Dominics High School in Port Elizabeth.

Steenkamp het gesê die stigting sal ondersteuningsdienste bied aan vroue wat mishandel word. Sy het die stigting begin ter ere van Reeva wat in die vroeë oggendure op Valentynsdag 2013 deur die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius doodgeskiet is.

Steenkamp het Woensdag tydens die bekendstelling gesê sy het Pistorius “vergewe” en sal nie hom of enige ander persoon wil “seermaak” nie. Sy het egter gesê sy en haar man kry steeds elke dag swaar weens die verlies van hul dogter.

Steenkamp het gesê die Reeva Steenkamp-stigting sal mishandelde vroue bemagtig om ’n nuwe lewe weg van die mishandeling te begin. Sy het kinders aangemoedig om met hul ouers te gesels oor enige probleme wat hulle het. Steenkamp het ook ʼn toespraak wat Reeva tevore geskryf het tydens die bekendstelling voorgelees.

Pistorius is Maandagaand onder korrektiewe toesig vrygelaat. Hy is skuldig bevind aan strafbare manslag en tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Hy was ʼn jaar lank agter tralies. Sy paroolvoorwaardes sal tot 2019 voortduur.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!