Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Studente bring NMMU ook tot stilstand

$
0
0
Betogende studente by die NMMU. Foto: Twitter

Betogende studente by die NMMU. Foto: Twitter

Die studente-oproer wat by universiteite dwarsoor die land woed, het Dinsdagnag na die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) in Port Elizabeth uitgebrei.

Teen Woensdag 06:00 was alle ingange na die Noord- en Suid-kampus afgesper en die universiteit het alle personeel en studente aangeraai om weg te bly. Die betogende studente beplan om alle ingange na die Suid-kampus af te sper om die universiteit tot stilstand te dwing.

Die polisie moes teen 08:00 rubberkoeëls en traangas gebruik om die skare uitmekaar te jaag, maar studente het geweier om oor te gee.

ʼn Ooreenkoms is uiteindelik bereik dat indien die studente binne die afgebakende areas bly, die polisie hulle nie met geweld sal verjaag nie.

NMMU is een van talle universiteite wat Woensdag gesluit is weens gewelddadige betogings op kampusse. Akademiese aktiwiteite is ook by die Universiteit van die Vrystaat, die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van die Witwatersrand, die Universiteit van Kaapstad, Rhodes-Universiteit en die Tshwane-Universiteit van Tegnologie opgeskort.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!