Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all 56621 articles
Browse latest View live

Vyf lewenslange vonnisse vir reeksverkragter

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

ʼn 33-jarige reeksverkragter is Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof vyf keer lewenslank en 122 jaar tronkstraf opgelê op 27 aanklagte van ernstige misdade.

Haarmans Nnogana Nakeme Mokoena-Aphane het voor regter Mogotsi verskyn in verband met die misdade wat tussen 2011 en 2014 in KwaMhlanga, Mpumalanga, gepleeg is.

“Hy is in Februarie 2014 in hegtenis geneem nadat hy ʼn 17-jarige meisie vroeër in Januarie verkrag het,” het kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Hy het in Dennilton in Limpopo weggekruip.”

Tydens die ondersoek het dit aan die lig gekom dat Mokoena-Aphane vroeër ook in hegtenis geneem is in verband met die verkragting op ʼn 14-jarige en 19-jarige sussies in September 2012. “Hy het hulle na ʼn plakkershuis in KwaMhlanga geneem en saam met ʼn medepligtige hulle herhaaldelik verkrag. Die medepligtige het verlede jaar gesterf. Die saak is voorlopig teruggetrek terwyl die hof gewag het op DNS-uitslae.”

Toe die uitslag bekend gemaak is, is die beskuldigde met nog vier sake verbind waar hy slagoffers tussen 17 en 28 jaar geteiken het. Die hooggeregshof het gehoor dat hy in hierdie gevalle ʼn vuurwapen gebruik het om sy slagoffers te dreig, en het hulle dan na ʼn bebosde gebied in Vezubuhle naby KwaMhlanga geneem waar hulle ook herhaaldelik verkrag is.

“In sommige van die voorvalle was die slagoffers se metgeselle saam met hulle en Mokoena-Aphane het hulle aangerand, beroof en met ʼn vuurwapen weggejaag,” het Hlathi bygevoeg.

Mogotsi het, voordat hy sy uitspraak gelewer het, daarop gewys dat die beskuldigde nie enige berou getoon het nie en dat hy vir die hof gejok het toe hy gesê het die slagoffers was sy meisies, insluitend die minderjariges. Hy het ook gesê die beskuldigde het onophoudelik die misdade bly pleeg en hy het geweet wat hy doen.

Hy het gesê “mense soos hy verdien nie om in ʼn gemeenskap te wees nie” en moet “permanent uit die samelewing verwyder word”. Mogotsi het dit benadruk dat sy uitspraak gebaseer is op die beskuldigde se persoonlikheid en in die belang van die gemeenskap.

Mokoena-Aphane is tot vyf keer lewenslank gevonnis op vyf aanklagte van verkragting en 40 jaar tronkstraf op ses aanklagte van verkragting. Hy is ook tot 52 jaar tronkstraf gevonnis op nege klagtes van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig, 14 jaar tronkstraf op drie aanklagte van gedwonge verkragting, 12 jaar tronkstraf op twee aanklagte van ontvoering en vier jaar tronkstraf vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.


Wie wen die oorlog teen terreur?

$
0
0
'n Skare kom op 11 September 2015 by die 911-gedenkterrein in New York byeen Foto: NYPD, Facebook

‘n Skare kom op 11 September 2015 by die 911-gedenkterrein in New York byeen Foto: NYPD, Facebook

Dit is vandag die veertiende herdenking van Al Kaïda se aanslag op die VSA toe die Wêreldhandelsentrum se Twin Towers onder meer in puin gelê is.

Hoewel Al Kaïda toe reeds bekend was weens onder meer aanvalle op Amerikaanse teikens in Oos-Afrika, het die aanvalle as ʼn groot sielkundige skok gekom, maar sedertdien, so lyk dit, word Al Kaïda op die nuusagtergrond gedruk deur ’n nóg gevaarliker radikale Islamitiese beweging, die Islamitiese Staat, of te wel die IS.

Op die veertiende herdenking het die peilingsagentskap, Rasmussen, syfers gepubliseer oor of Amerikaners meen die VSA en sy bondgenote is besig om die stryd teen terreur te wen. ’n Skokkende 43% meen die terroriste wen, en net 25% meen die VSA en sy bondgenote is aan die wenkant.

Die laaste keer wat meer Amerikaners geglo het die VSA en bondgenote rook die pyp, was in April 2014. Sedertdien was die terroriste deurgaans sielkundig aan die wenkant.

In Julie 2011 het 52% van die Amerikaners nog geglo die VSA en bondgenote is aan die wenkant, en net 13% het gemeen die terroriste kom die beste daarvan af.

As in gedagte gehou word dat ’n terreuraanslag grootliks sielkundig is eerder as om die staat fisies omver te werp – dit is eers vir later meer konvensionele fases geoormerk – dan is die IS en Al Kaïda loshande aan die wenkant.

Só sê FW De Klerk-stigting oor transformasie by universiteite

$
0
0
Skermskoot uit die Luister-video (YouTube)

Skermskoot uit die Luister-video (YouTube)

Almal wat belang het in die toekoms van Suid-Afrika se universiteite en die toekoms van Suid-Afrika as ʼn multikulturele samelewing, moet kyk na die video, Luister, wat onlangs deur die Open Stellenbosch (OS)-beweging gemaak is, het die FW de Klerk-stigting gesê.

Dave Steward, uitvoerende direkteur van die stigting, het in ʼn artikel op fwdeklerk.org gesê die video verteenwoordig 32 onderhoude – hoofsaaklik met swart studente – wat betref hul siening van rasse-uitsluiting by die Universiteit Stellenbosch. Hulle kla oor subtiele en openlike rassisme tydens hul interaksie met wit Afrikaanssprekende studente, insluitend beskuldigings van rasse-mishandeling in studentekroeë en op die internet.

“Volgens hulle is een van die grootste probleme die feit dat nie al hul lesings in Engels is nie,” het Steward gesê. “Swart studente wat slegs Engels praat, kan nie die lesings volg nie en het gemeld dat die tolkdienste wat die universiteit verskaf, nie voldoende is nie.”

Hy het gesê Open Stellenbosch vorm deel van ʼn toename in rasse-mobilisasie by sommige van Suid-Afrika se universiteite.

“Die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit is verlede jaar gekasty oor inisiasieseremonies wat na bewering ‘Nazi’-salute geïnkorporeer het (alhoewel die bewering nie gestaaf is deur ʼn video van die seremonie nie),” het hy bygevoeg. “Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het nietemin onmiddellik ʼn hoëvlakondersoek beveel wat vinnig gebruik is om verdere druk op die kampus se oorwegend Afrikaanse identiteit geplaas.”

Steward het bygevoeg die Rhodes Must Fall-beweging het vroeër vanjaar by die Universiteit van Kaapstad eise gemaak – soortgelyk aan dié van OS – dat die universiteit se “koloniale kultuur” afgeskaf moet word en “snel vordering” gemaak moet word wat volle demografiese verteenwoordigheid betref in die studentekorps en die fakulteit. “Tydens hul betogings het hulle ʼn raadsvergadering ontwrig, geboue van die universiteit beset en anti-wit rassistiese aanmerkings gedreunsing. Talle van die persone wat op 1 September aan die OS-betoging deelgeneem het, was nie studente nie, en hulle is met busse na Stellenbosch vervoer. Die organiseerder het deelnemers bedank dat hulle aangesluit het in ʼn poging om ‘witheid’ te onderbreek.”

Volgens hom het AfriForum gesê swart betogers het in Xhosa gesing hoe hulle die wit mense gaan ‘slaan’.

Swart studente, een wat ʼn deelnemer was in die Luister-video, het verlede week wit studente met sambokke gejaag by die Elsenberg-landboukollege.

Volgens Steward is daar ʼn gemene deler in al hierdie voorvalle:
– om enige poging om minderheidstradisies en kulturele identiteit te behou, te vergelyk met ‘apartheid’ of ‘kolonialisme’;
– ʼn toename in die eis vir volle demografiese verteenwoordigheid in die studenteliggame en fakulteite;
– goed-georganiseerde veldtogte wat goed gefinansier is (“Wie het vir die 33 minuut lange Luister-video en busse vir die betoging op 1 September betaal?”); en
– vinnige en empatiese regeringsondersteuning vir swart studente se eise.

“Die OS se sin van uitsluiting het sy wortels in die feit dat hulle ʼn minderheid by ʼn universiteit is wat nie hul kultuur reflekteer of ten volle opleiding in die taal van hul keuse aanbied nie,” het Steward bygevoeg. “Maar, sou Afrikaanssprekende minderhede dan nie dieselfde gevoel van taal- en kulturele uitsluiting beleef het waar slegs Engels aangebied word nie? Die verskil is dat daar twee universiteite in die Wes-Kaap is waar enigiemand wat dit graag wil doen, uitsluitlik in Engels kan studeer – terwyl die Afrikaanssprekende meerderheid in die Wes-Kaap nou slegs een universiteit het waar Afrikaans (op ʼn gelyke vlak met Engels) steeds ʼn onderrigtaal is op voorgraadse vlak.

“Daar is geen grondwetlike vereiste vir universiteite om die nasionale demografie te weerspieël in hul studenteliggame of fakulteite nie, op voorwaarde dat hulle nie onregverdig diskrimineer teen enigiemand nie. Daar is egter ongetwyfeld ʼn grondwetlike vereiste vir opleiding by openbare onderwysinstellings in die taal of tale van jou keuse waar dit prakties moontlik is.

“Dit is duidelik prakties om universiteitsopleiding in Afrikaans te bied in ʼn provinsie waar Afrikaans die hooftaal is en waar daar ʼn universiteit is met ʼn lang tradisie van onderrig in Afrikaans,” het Steward bygevoeg.

Hy het gesê minister Nzimande aanvaar dat Afrikaans ʼn onderrigtaal op universiteitsvlak moet wees, maar ervaring het regdeur die wêreld, en in Suid-Afrika, gewys dat daar, waar ʼn wêreldtaal soos Engels op ʼn gelyke vlak in dieselfde instansie as ʼn streekstaal (soos Afrikaans) aangebied word, die streekstaal uiteindelik verdoof.

“Daar was bitter min teenstand teen die erosie van Afrikaans by Stellenbosch van studente, alumni en fakulteitsvlak – vermoedelik op die basis dat dit steeds gelyke status saam met Engels op voorgraadse vlak sal geniet. Universiteitsleiers is, heel verstaanbaar, hoofsaaklik besorg oor die bevordering en handhawing van akademiese uitnemendheid en om ʼn inklusiewe omgewing te skep vir studente uit al Suid-Afrika se gemeenskappe – eerder as om een of ander taal of kulturele agenda te bevorder.

“Hulle het aanvaar dat hulle hul instansies moet distansieer van hul ‘apartheid’ en/of ‘kolonialistiese verlede en so gou as moontlik na demografiese verteenwoordigheid moet beweeg.

“Prof. de Villiers het verlede week kritici verseker dat Stellenbosch so gou as moontlik transformeer. Hy het verklaar dat 50% van Stellenbosch se studente teen 2020 swart sal wees en dit benadruk dat die universiteit ontslae raak van oorblywende verbintenisse met die verlede, soos name wat met voormalige Afrikaner-leiers vereenselwig word.

“Dit sal ongelukkig nie genoeg wees nie: OS, Rhodes Must Fall en minister Blade Nzimande sal uiteindelik slegs tevrede wees wanneer studenteliggame, fakulteite en administrasies van al Suid-Afrika se universiteite ‘ten volle verteenwoordigend is’, of, om dit kras te stel – wanneer dit bestuur word deur, en die kultuur reflekteer van die swart meerderheid.

“Soos die laaste swart deelnemer in die Luister-video opgemerk het: ‘Die universiteit moet soos ons lyk – Suid-Afrikaners’, maar wat hy duidelik bedoel is dat dit moet lyk soos die meerderheid van Suid-Afrikaners.”

Steward skryf voorts dat, aangesien dieselfde argumente geldig is, die debat by Stellenbosch verreikende gevolge inhou vir die toekoms van Afrikaans-medium-skole – en vir die toekoms van enige openbare opleiding in Afrikaans (aangesien Afrikaans uiteindelik in parallel-medium-instansies deur Engels in die skadu gestel sal word).

“Dit laat vrae ontstaan oor die toekoms van Suid-Afrika as ʼn multikulturele samelewing. Die vraag is of, in multikulturele lande soos ons sʼn, daar nie openbare opleidingsinstansies moet wees waar ons minderhede – uit watter gemeenskap ook al, hul kulture en tale op ʼn nie-uitsluitingsbasis moet kan beoefen nie? Of moet hulle uiteindelik, in meederheidsgedomineerde instansies, uiteindelik dieselfde gevoel van kulturele en taaluitsluiting deurstaan waaroor die OS nou kla? En as dít so is, wat word van hul grondwetlike reg tot menswaardigheid en gelykheid?

“Wat word van die ideaal van Suid-Afrika as ʼn multikulturele samelewing?” wil Steward weet.

Skoon oudit vir presidensie

$
0
0
Foto: Presidensie, Facebook

Foto: Presidensie, Facebook

President Jacob Zuma se kantoor het ʼn skoon oudit gekry – ʼn eerste vir die presidensie.

“Pres. Jacob Zuma het die direkteur-generaal, dr. Cassius Lubisi, die hoof bedryfsbeampte en die rekenmeester, me. Lakela Kaunda, en die bestuur en personeel in die Presidensie gelukgewens met die harde werk wat verseker het dat die presidensie hierdie mylpaal kon bereik,” het Bongani Majola, woordvoerder van die presidensie, in ʼn verklaring gesê.

Kaunda het die toekenning vir die skoon oudit vir die 2014/15 finansiële jaar namens die presidensie in ontvangs geneem.

“Harde werk en toewyding het verseker dat ons al ons prestasiedoelwitte, wat ons vir onsself gestel het, bereik het,” het Kaunda gesê. “Die implementering van ʼn gefokusde korrektiewe plan om nienakoming uit te roei en gebrekkige interne beheer te verwyder wat in die vorige jaar se oudits geïdentifiseer is, het vrugte afgewerp.”

Foto: Presidensie, Facebook

Foto: Presidensie, Facebook

[Foto’s] Rugbymal-seun spog met Springbok-vonkel in die oog

$
0
0
Gustav Mertz (Foto verskaf aan Maroela Media)

Gustav Mertz (Foto verskaf aan Maroela Media)

Gustav Mertz, ʼn agtjarige rugby-fanatikus van Pretoria, spog nou met ʼn baie spesiale Springbok-vonkel in sy oog om sy gunstelingspan te ondersteun.

Gustav is as baba gediagnoseer met ʼn baie seldsame oogkanker, retinoblastoma, wat daartoe gelei het dat hy sy een ogie op ʼn baie vroeë ouderdom verloor het. Hy het chemoterapie en radiasie ondergaan, en het die kanker oorwin, maar veg steeds vir die behoud van sy ander oog as gevolg van newe-effekte van die behandeling.

“Dokters het hom verwys na ʼn spesialis wat kunsmatige oë maak, en ons het by Jorgen Cieslik uitgekom,” het Elske Mertz, Gustav se ma, aan Maroela Media gesê. Cieslik is ʼn vooraanstaande kenner wat kunsoë vervaardig.

Die tegnologie rondom kunsoë het baie verbeter van die destydse glasoë. Dit is ʼn hoogs gespesialiseerde proses waar alles gemeet en gepas word en die akrielprostese word met die hand geverf om so naby as moontlik aan die natuurlike oog te lyk. Meeste mense kom nie eers agter wanneer iemand ʼn kunsoog het nie.

Cieslik moes deur die jare heen al verskeie oë vir Gustav vervaardig soos hy ouer geword het.

“Die Springbokke lê Gustav na aan die hart en toe die Wêreldbeker kom, het hy vir Jorgen gevra om iets uniek te ontwerp,” het Elske bygevoeg.

Cieslik het gevolglik die Springbok-embleem op die kunsoog vervaardig.

“Gustav hou nie daarvan om uit te staan nie, maar hierdie is iets cool – dit is ʼn cool andersheid!” het Elske verduidelik.

Gustav is ook na ʼn oefensessie van die Springbokke genooi toe hulle daarvan te hore gekom het. “Hy het die groot voorreg gehad om ʼn klomp van die spanlede te ontmoet. Victor Matfield het selfs vir hom sy oefentrui en kopskerm gegee!”

Gustav is in ʼn gewone skool by Midstream Ridge Primary. Hy gebruik ʼn spesiale lens om mee te lees en het 18% sig in sy oorblywende oog. Sy sussie is 10 jaar oud en hy het ook ʼn eenjarige bababoetie.

“Soms is hierdie kanker geneties, maar nie ek of sy pa het enigsins so iets in ons familie nie. Sy pa het dit die eerste keer opgemerk toe hy Gustav as baba gebad het en ʼn vreemde skynsel in sy oog opgemerk het.”

Maroela Media het vroeër berig oor die wit skynsel wat ook in foto’s opgemerk kan word. Klik hier om meer te lees.

Gustav Mertz (Foto verskaf aan Maroela Media) Gustav Mertz en Victor Matfield (Foto verskaf aan Maroela Media) Gustav Mertz en lede van die Springbokspan (Foto verskaf aan Maroela Media) Gustav Mertz (Foto verskaf aan Maroela Media) Gustav Mertz (Foto verskaf aan Maroela Media) Gustav Mertz (Foto verskaf aan Maroela Media)

[Foto’s] Munisipale gebou brand in Ventersdorp

$
0
0
Munisipale gbou brand op 11 September 2015 in Ventersdorp, Noordwes Foto: @ op Twitter.

Munisipale gbou brand op 11 September 2015 in Ventersdorp, Noordwes Foto: @meintjesmadri op Twitter.

ʼn Munisipale gebou en ʼn motor is Vrydag in Ventersdorp, Noordwes, aan die brand gesteek.

“ʼn Munisipale gebou het ook gebrand, maar ons kan nie in hierdie stadium sê of dit verbind word met betogings deur inwoners in die gebied nie,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn Bakkie is op ʼn pad in Tshing aan die brand gesteek. Ons het nog nie die eienaar van die bakkie opgespoor nie.”

Die gebou, wat deur die munisipale verkeersdepartement gebruik is, is gedeeltelik afgebrand en die dak het meegegee. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Geen beserings is aangemeld nie.

Inwoners van Ventersdorp het Vrydag teen die voorgestelde samesmelting van die Ventersdorp-munisipaliteit en Tlokwe [Potchefstroom]-munisipaliteit betoog. Hulle is glo nie geraadpleeg oor dié samesmelting nie.

Die Demokratiese Alliansie in Noordwes is ook gekant teen die samesmelting en het gesê dit sal inwoners in Potchefstroom benadeel. “Die DA staan die samesmelting teë, aangesien dit ʼn negatiewe impak op Potchefstroom se finansiële posisie sal hê,” het Chris Landsberg, koukusleier van die DA in Potchefstroom, gesê. “Ventersdorp sukkel met wanbetaling en het ʼn swak invorderingskoers. Inwoners van al twee dorpe stem saam met die DA dat dienslewering selfs nog meer daaronder sal lei indien hierdie twee dorpe sou saamsmelt.”

Landsberg het gesê die DA sal die samesmelting beveg en seker maak die ANC word in sy spoor gestop om soortgelyke optrede te voorkom wat slegs vir politieke gewin gedoen word en nie in belang is vir die inwoners van die gebied nie.

Inwoners in Potchefstroom het ook teen die samesmelting betoog.

Landsberg het gesê DA-lede is aangesê om nie in die gewelddadige betogings deel te neem nie.
Munisipale gbou brand op 11 September 2015 in Ventersdorp, Noordwes Foto: @thabiso41 op Twitter. Munisipale gbou brand op 11 September 2015 in Ventersdorp, Noordwes Foto: @meintjesmadri op Twitter. Munisipale gbou brand op 11 September 2015 in Ventersdorp, Noordwes Foto: @charlsaid op Twitter. Munisipale gbou brand op 11 September 2015 in Ventersdorp, Noordwes Foto: @charlsaid op Twitter. Munisipale gbou brand op 11 September 2015 in Ventersdorp, Noordwes Foto: @meintjesmadri op Twitter.

Ses sterf in trompop botsing

$
0
0
Foto: ER24

Foto: ER24

Ses mans is Vrydagaand op die N2 in Riversdal in die Wes-Kaap oorlede tydens ʼn trompop botsing.

“ʼn Bakkie en ʼn motor het mekaar reg van voor getref,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Provinsiale nooddienste het reeds die pasiënte uit die voertuie gehaal toe paramedici van ER24 by die toneel aangekom het.”

Vyf van die pasiënte het reeds aan hul beserings beswyk. Hulle is op die toneel dood verklaar.

“Twee pasiënte was in ʼn kritieke toestand. Hulle is op die toneel behandel en is deur die provinsiale nooddienste na die Riversdal-hospitaal geneem vir dringende verdere behandeling,” het Meiring bygevoeg. “Een van die pasiënte het ongelukkig op pad na die hospitaal aan sy beserings beswyk.”

Owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

Richardsbaai-‘rowers’ binne ure aangekeer

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Vier verdagtes is Vrydag in hegtenis geneem, ʼn paar uur nadat hulle glo ʼn besigheid in Richardsbaai, KwaZulu-Natal, beroof het.

“Vier gewapende rowers het omstreeks 11:30 op die besigheid toegeslaan en die kluis se sleutels geëis,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die verdagtes het met ʼn onbekende bedrag kontant, vier selfone, juwele en ʼn handsak gevlug.”

Die verdagtes het in die eienaar van die besigheid se voertuig gevlug wat hulle later in die omgewinge verlaat en daarna in ʼn Volkswagen Polo gevlug het.

“Die polisie in Richardsbaai het hul eweknieë by Umhlali-polisiestasie in kennis gestel en hulle was op die uitkyk vir dié voertuig,” het Zwane bygevoeg. “Polisiebeamptes het by Umvoti-tolplaza sit en wag en die voertuig agternagesit toe hulle dit opmerk. Die verdagtes is uiteindelik naby Ballito ná ʼn hoëspoedjaagtog aangekeer.”

Die verdagtes is aangekla van die besit van vermoedelik gesteelde goedere. “Hulle sal na Richardsbaai-polisiestasie oorgeplaas word waar hulle aangekla sal word van besigheidsroof. Volgens ʼn voorlopige ondersoek word vier van die mans reeds deur Umhlali-polisie gesoek in verband met ʼn huisbraak.”


Apartheidsmonument in Mosambiek ingehuldig

$
0
0
Pres. Jacob Zuma en Filipe Nyusi, president van Mosambiek by die inhuldiging van die Matola-apartheidsmonument in Mosambiek Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma en Filipe Nyusi, president van Mosambiek by die inhuldiging van die Matola-apartheidsmonument in Mosambiek Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma en Filipe Nyusi, president van Mosambiek, het Vrydag ʼn monument in Matola ingehuldig as huldeblyk vir die Suid-Afrikaanse vryheidsvegters wat op 30 Januarie 1981 tydens ʼn kommandoklopjag teen Matola gesterf het.

Die klopjag is op drie huise uitgevoer wat ʼn transitosentrum was vir Umkhonto we Sizwe-lede, die gewapende vleuel van die ANC. Twaalf ANC-lede is op die toneel dood en ʼn dertiende persoon het later gesterf. Twee van die lede is ontvoer en oor die grens na Suid-Afrika teruggebring waar hulle ook later gesterf het.

Jose Ramos, ʼn Portugese elektrisiën, is ook dood. Die kommandolede het hom glo aangesien vir Joe Slovo, stafhoof van MK. Slovo was glo vroeër die dag by die Matola-huise, maar is drie ure voor die klopjag daar weg.

ʼn Multimedia-inligtingsentrum is langs die monument opgerig wat foto’s en dokumentasie bevat oor die stryd teen apartheid en die solidariteit tussen die mense van Suid-Afrika en Mosambiek.

Inhuldiging van die Matola-apartheidsmonument in Mosambiek Foto: GCIS Inhuldiging van die Matola-apartheidsmonument in Mosambiek Foto: GCIS Oldemiro Baloi, minister van buitelandse sake en internasionale betrekkinge in Mosambiek verwelkom pres. Jacob Zuma in sy land Foto: GCIS Inhuldiging van die Matola-apartheidsmonument in Mosambiek Foto: GCIS Kranse op die grafte van die Matola-slagoffers Foto: GCIS Pres. Jacob Zuma en Filipe Nyusi, president van Mosambiek by die inhuldiging van die Matola-apartheidsmonument in Mosambiek Foto: GCIS Pres. Jacob Zuma en Filipe Nyusi, president van Mosambiek by die inhuldiging van die Matola-apartheidsmonument in Mosambiek Foto: GCIS Kranse op die grafte van die Matola-slagoffers Foto: GCIS

Oekraïne gaan nie meer ‘duur steenkool’ in SA koop nie

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

DTEK, Oekraïne se grootste energiemaatskappy, het Vrydag aangekondig dat hy nie meer steenkool vir die komende winter van Suid-Afrika gaan koop nie, het die Russiese nuusagentskap TASS berig.

Die maatskappy gaan glo steenkool ontvang van die oostelike deel in Oekraïne wat deur anti-regeringsmagte beheer word.

“Ek sal blatant wees. Ons het verlede jaar ons vingers gebrand toe ons duur steenkool van Suid-Afrika aangekoop het,” het Maxim Timchenko, uitvoerende hoof van DTEK, aan verslaggewers gesê tydens ʼn jaarlike vergadering van die Yalta Europese Strategie in Kiëf. “Ons het ʼn tarief van verhittingsaanlegte wat slegs 70% van ons uitgawes gedek het. Ons is nou in ʼn posisie waar ons nie gereed is om ingevoerde steenkool te gebruik nie.”

Timchenko het gesê die maatskappy sal steenkool uit Lugansk en Donbass kry waar daar ongeveer 2 miljoen ton voorraad beskikbaar is. Hy het bygevoeg dit is “merkwaardige vordering” dat steenkoolvoorraad die afgelope twee maande in Donbass hervat het. Tot 40 000 ton steenkool word daagliks met treine na die regeringsbeheerde deel van Oekraïne vervoer.

18 beseer toe vyf voertuie bots

$
0
0
Marrion Hill-ongeluk, KwaZulu-Natal op 12 September 2015 Foto: ER24

Marrion Hill-ongeluk, KwaZulu-Natal op 12 September 2015 Foto: ER24

Agtien persone is Saterdagoggend beseer in ʼn ongeluk op die M1 naby Milkywayweg in Marrion Hill, KwaZulu-Natal.

“Provinsiale nooddienste het reeds van die pasiënte begin behandel toe paramedici van ER24 by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Twee taxi’s en drie bakkies was in die ongeluk betrokke. Een van die taxi’s het aan die brand geslaan en die brandweer het gespook om die vlamme te blus.”

Altesaam 18 persone is in die botsing beseer, waarvan vyf kritieke beserings opgedoen het. “Een van die kritiek beseerde pasiënte was die bestuurder van een van die taxi’s. Hy het erge brandwonde opgedoen,” het Meiring bygevoeg.

Die pasiënte is na verskeie hospitale geneem vir dringende behandeling.

“ʼn Omstander wat glo die ongeluk sien gebeur het, het van die insittendes uit die voertuie gehelp en ook begin om die brand in die taxi te blus.”

Owerhede stel ondersoek in.

Marrion Hill-ongeluk, KwaZulu-Natal op 12 September 2015 Foto: ER24 Marrion Hill-ongeluk, KwaZulu-Natal op 12 September 2015 Foto: ER24

[Video] 107 sterf in hyskraan-ongeluk in Mekka

$
0
0
Die hyskraan het op 11 September 2015 op die Grand Mosque in Mekka, Saoedi-Arabië ineengestort Foto: CNN

Die hyskraan het op 11 September 2015 op die Grand Mosque in Mekka, Saoedi-Arabië ineengestort Foto: CNN

Minstens 107 mense is dood en 238 beseer toe ʼn hyskraan Vrydag op die Grand Mosque in Mekka, Saoedi-Arabië, ineengestort het.

Hasan Patel, verslaggewer van Al Jazeera, het gesê die hyskraan het die middag omstreeks 17:30 op die derde verdieping van die Grand Mosque ineengestort. Die moskee was volgepak, alhoewel die voorval voor die biddiens om 18:30 plaasgevind het.

Die departement van verdediging in Saoedi-Arabië het bevestig die hyskraan het ineengestort tydens sterk winde wat deur ʼn storm veroorsaak is. Die oorsaak van die ineenstorting is egter nog nie bevestig nie. Talle pelgrims is onder die puin vasgekeer.

Die hyskraan is in Duitsland vervaardig en word bedryf deur die Saudi Binladen Group, wat die uitbreiding van die Grand Mosque bestuur en verantwoordelik is vir ʼn groot aantal boukontrakte in Saoedi-Arabië. Saudi Binladen Group is die tweede grootste konstruksiemaatskappy in die wêreld wat deur die miljardêr Mohammed Bin Laden (pa van Osama Bin Laden) opgerig is.

Klik hier om nog foto’s te sien.

Die gebruiker Daily News beweer die volgende video is die oomblik wat die hyskraan op die Grand Mosque ineenstort. Die video kan sensitiewe kykers ontstel.

Springbokke gegroet: ‘M**r hulle dood’

$
0
0
Fikile Mbalula, minister van sport, groet die Springbokke voor hulle na Engeland vertrek vir die Wêreldbeker 2015 Foto: @springboks, Twitter

Fikile Mbalula, minister van sport, groet die Springbokke voor hulle na Engeland vertrek vir die Wêreldbeker 2015 Foto: @springboks, Twitter

Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, en ʼn groot skare het die Springbokke Vrydagaand by Montecasino in Johannesburg gegroet voor hulle na Engeland vertrek vir die Wêreldbeker.

Mbalula het ʼn eenvoudige boodskap gehad vir die Springbokke. “As julle nie met die trofee terugkom nie, gaan julle my nie by OR Tambo sien nie. Maar as julle met die trofee terugkom, sal ons in ons duisende opdaag,” het hy aan die 31 rugbyspelers gesê. “Gaan Engeland toe, m**r hulle dood, bl*ksem hulle, só sê die minister van sport,” het Mbalula in Afrikaans gesê.

Hy het die span verseker die nasie ondersteun hulle ten volle. “Gaan na Engeland en verteenwoordig ons land. Maak ons trots. Staan vir dit wat julle weet wie julle is. Vee die trane van hierdie nasie af. Ons is wenners danksy die Springbokke. Ons glo in hierdie span. Ek sê aan Suid-Afrika, swart en wit, pers en goud moet agter die Springbokke staan.”

Mark Alexander, adjunkpresident van die Suid-Afrikaanse rugby-unie (Saru), het ook gesê die hele land moet die Springbokke ondersteun. “Hierdie span dra die hoop en drome van die nasie. Julle weet waarlik wat dit beteken om groen en goud met trots te dra. Ons sal ons ongekende steun aan hulle bewys,” het Alexander gesê.

Gert Oosthuizen, adjunkminister van sport en ontspanning, het gesê hy glo Suid-Afrika sal met die hoogste prys terugkeer. “Namens die presidensie van Suid-Afrika bedank ons julle dat almal agter die Springbokke verenig. Ons glo julle gaan die Webb Ellis-trofee terugbring waar dit hoort,” het hy gesê.

Jean de Villiers, kaptein van die Springbokke net voor die span na Engeland vertrek vir die Wêreldbeker 2015 Foto: @springboks, Twitter Foto's: @BryanHabana, Twitter Fikile Mbalula, minister van sport, groet die Springbokke voor hulle na Engeland vertrek vir die Wêreldbeker 2015 Foto: @springboks, Twitter

[Video] Kniehalter opknappingskostes jou? Zuma DIY verduidelik hóé

$
0
0
Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die gebruiker ZANewsTV het ʼn parodie-video op YouTube gelaai waar “Zuma DIY” verduidelik hoe om jou opknappingsbegrotings te omseil.

Die video is gebaseer op die immergewilde Suzelle DIY-video’s.

DA en ANC stamp koppe oor Colenso-kragstasie

$
0
0
Die oorspronklike Colenso-kragstasie wat in 1984 buite diens gestel is. Foto: SA Travel Directory

Die oorspronklike Colenso-kragstasie wat in 1984 buite diens gestel is. Foto: SA Travel Directory

Die Demokratiese Alliansie het Vrydag gesê Chancellor House, die ANC se beleggingsmaatskappy, moet dadelik onttrek uit die beplande belegging van R18 miljard vir die Colenso-kragstasie.

Gordan Mackay, DA-LP, het ná mediaberigte dat Chancellor House ʼn aandeelhouer in die Colenso-steenkoolkragprojek is, gesê hy gaan Zweli Mkhize, die ANC se tesourier-generaal, versoek om dadelik te onttrek uit die belegging.

Mackay het gesê die ANC het voordeel getrek uit ʼn ander inisiatief om die land se energiekrisis op te los. Chancellor House het ʼn 25%-aandeel in Hitachi Power Africa wat ʼn R38.5 miljard-kontrak het om stoomketels aan die Medupi- en Kusile-kragstasies te verskaf.

“Zweli Mkhize doen nie sy woord gestand ná sy openbare uitlatings verlede jaar toe hy aangevoer het Chancellor House sal nie enige direkte regeringskontrakte bekom nie en sal ook alle botsings van belange vermy,” het hy gesê.

Die Colenso-steenkoolstasie op die oewer van die Tugelarivier in KwaZulu-Natal sal na verwagting meer as 1 000 MW krag aan die nasionale netwerk verskaf. Die oorspronklike stasie is in 1984 buite diens gestel.


Oud-Matie nou hoof van ScotRail

$
0
0
Phil Verster Foto: LinkedIn

Phil Verster Foto: LinkedIn

Phil Verster, wat in 1987 sy B.Eng en M.Eng in Elektriese Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch behaal het, is sopas aangestel as die nuwe besturende direkteur van ScotRail in Skotland.

Verster het al verskeie poste in die spoorwegdiens in Europa beklee, waaronder die roete- besturende direkteur van Network Rail en adjunk uitvoerende hoof van Irish Rail.

Abellio en Network Rail het intussen planne aangekondig om ʼn alliansie te vorm en het Verster as die treinoperateur se nuwe besturende direkteur aangewys, berig Passenger Transport.

Phil Hufton, besturende direkteur van netwerkbedrywighede by Network Rail, het gesê Verster bring ʼn magdom ervaring met hom saam. “Hy het baie goeie resultate opgelewer terwyl hy op die Ooskus-hooflyn gewerk het en ek sien uit daarna dat hy dieselfde positiewe benadering na die spoorwegdiens in Skotland sal bring.”

Lees meer: Passenger Transport.

Oud-polisieman vas oor ernstige misdade

$
0
0
Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 43-jarige voormalige polisiebeampte wat in Gauteng gestasioneer was, het in die hof verskyn op aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, asook ander misdade.

“Lede van die misdaadintelligensie-eenheid en die polisie in Siyabuswa het Donderdag reageer op inligting oor ʼn misdadiger wat gesoek is in verband met misdade wat in Middelburg en Witbank gepleeg is,” het die polisie in ʼn verklaring gesê. “Die verdagte, Moseti David Ditle, is opgespoor en in hegtenis geneem.” Tydens ʼn soektog is sleutels in sy besit gevind. Verdere ondersoek het die polisie na die huis van sy meisie gelei waar nóg ʼn soektog uitgevoer is.

“Die polisie het hier beslag gelê op twee 9 mm-pistole, ʼn .38-rewolwer en ammunisie vir verskillende kaliber vuurwapens. Die beamptes het ook beslag gelê op 25 leë patroondoppies van ʼn 9 mm-pistool en 15 selfone.”

Die polisie het ook ʼn rooi Toyota Corolla gekonfiskeer wat vroeër in Witbank gekaap is.

Verdere ondersoek het die polisie gelei tot Ditle se beweerde medepligtiges in Siyabuswa. “Die polisie het hulle gevind terwyl hulle in ʼn wit Toyota Corolla rondgery het. Toe hulle die polisiebeamptes gewaar, het hulle uit die motor gespring en weggehardloop.” Dié motor is glo deur Dintle en sy medepligtiges gebruik as ʼn voertuigkaping tydens ʼn kaping wat vroeër in Witbank plaasgevind het.

Die polisie is besig om ʼn profiel van Ditle saam te stel om sy betrokkenheid by ander misdade te bepaal. Die vuurwapens sal gestuur word vir ballistiese toetse. Die polisie het ook ʼn groot soektog van stapel gestuur na die ander verdagtes.

“Ditle het Vrydag in die Mdutjane-landdroshof in Siyabuswa verskyn. Hy bly in aanhouding tot 18 September, hangende ʼn formele aansoek om borgtog. Hy sal na verwagting ook binnekort in die Witbank- en Middelburg-landdroshowe verskyn.”

Danie Bester aangewys as Maroela Media se Bioskoop-boffin

$
0
0
Danie Bester ontvang die Bioskoop-boffin-toekenning van Susan Lombaard, besturende direkteur van Maroela Media

Danie Bester ontvang die Bioskoop-boffin-toekenning van Susan Lombaard, besturende direkteur van Maroela Media

Danie Bester, vervaardiger en skrywer, is Saterdag tydens Maroela Media se Buitebioskoop-geleentheid by die Botaniese Tuin in Pretoria vereer vir sy bydrae tot die Afrikaanse filmbedryf.

Hy spog nou met die titel, “Bioskoop-boffin”.

“Ek het regtig nie verwag om vanaand ‘n toekenning te wen nie,” het Danie verbaas gesê. Ek het net gekom om fliek te kyk!”

Danie se naam is welbekend in die Afrikaanse rolprentbedryf en hy het reeds nagenoeg 19 Afrikaanse rolprente vervaardig. Sommige van hierdie rolprente was van die grootste flieks in die plaaslike bedryf en het telkens ʼn nuwe standaard gestel soos Bakgat, Wolwedans in die Skemer, Pad na jou hart en Ballade vir ʼn Enkeling.

Leon van Nierop het tydens die oorhandiging daarop gewys dat Danie met sy 2007-fliek, Ouma se slimkind, verantwoordelik was vir ʼn heropstanding van die Afrikaanse filmbedryf. “Danie Bester is die beste moderne rolprentvervaardiger op die oomblik met sy stewige filmgeletterdheid, stewige kop vir geld en aanvoeling vir wat op die silwerdoek werk,” het Leon gesê.

Na Ouma se slimkind het Danie die tienermark betree met Bakgat wat ook twee opvolgflieks gehad het. In 2011 pak hy Roepman aan en in 2012 Wolwedans in die skemer. Kort daarna het Verraaiers op die grootskerm verskyn.

Meer onlangs was Danie ook vervaardiger van die uiters suksesvolle Pad na jou hart met Donnalee Roberts en Ivan Botha. Dié fliek was ʼn kommersiële sukses weens die uitstaande gehalte. Danie, Donnalee en Ivan het intussen reeds weer kragte saamgespan vir ʼn nuwe fliek, Vir altyd, wat vroeg volgende jaar by die loket begin. (Loer gerus na ‘n kort lokprent van dié fliek onderaan die foto’s.)
Die pragtige Maroela Media-toekenning wat Danie Bester as Bioskoop-boffin ontvang het Leon van Nierop en Danie Bester op 12 September 2015 by die Botaniese Tuin in Pretoria tydens Maroela Media se Buitebioskoop Leon van Nierop en Danie Bester op 12 September 2015 by die Botaniese Tuin in Pretoria tydens Maroela Media se Buitebioskoop Danie Bester ontvang die Bioskoop-boffin-toekenning van Susan Lombaard, besturende direkteur van Maroela Media

Soektog na vermiste tiener nog vrugteloos

$
0
0
Soektog na die vermiste tiener by Kampsbaai Foto: Andrew Ingram / NSRI

Soektog na die vermiste tiener by Kampsbaai Foto: Andrew Ingram / NSRI

ʼn 17-jarige tiener van Mannenberg het Saterdag vermoedelik by Kampsbaai in Kaapstad verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

“Die NSRI is omstreeks 10:45 deur die hawe-owerheid ontbied ná berigte deur ooggetuies dat ʼn tiener in die see by Kampsbaai verdwyn het,” het Bruce Davidson, stasiebevelvoerder van NSRI Bakoven, gesê. Verskeie seereddingsvaartuie en reddingswemmers van die NSRI, ʼn Skymed-reddingshelikopter, paramedici van die provinsiale nooddienste, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Kaapstad se brand- en reddingsdiens en marine-beamptes het reageer op die noodroep.

“ʼn Groep van 23 tieners en jong volwassenes van Mannenberg het by Kampsbaai opgedaag om die dag op die strand te spandeer toe die 17-jarige in die moeilikheid beland en onder die water verdwyn het,” het Davidson bygevoeg. “Hy het vermoedelik in ʼn sleurstroom beland.”

Ondanks ʼn uitgebreide soektog is daar nog geen teken van die vermiste tiener nie. “Hy het vermoedelik verdrink.”

Volgens Davidson stel die polisie ondersoek in en hulle poog om die familie van die vermiste tiener op te spoor. ʼn Polisie-duikeenheid sit die soektog voort.

“Traumaberaders van die polisie ondersteun die groep kinders,” het hy gesê.

Die NSRI maan swemmers en vissers om versigtig te wees weens die springgety wat tot vanaand voortduur.

Soektog na die vermiste tiener by Kampsbaai Foto: Robyn Silverstone Soektog na die vermiste tiener by Kampsbaai Foto: Andrew Ingram / NSRI Soektog na die vermiste tiener by Kampsbaai Foto: Andrew Ingram / NSRI

Centurion-tiener nog steeds vermis

$
0
0
Sonique van Wyk |(Foto: Facebook)

Sonique van Wyk |(Foto: Facebook)

Sonique van Wyk (14) van Centurion in Gauteng word nog steeds vermis nadat sy Dinsdag uit Rooihuiskraal verdwyn het.

Sonique (Nikki) is laas omstreeks 19:00 deur veiligheidswagte by die kompleks in Rooihuiskraal-Noord opgemerk.

Sy het rooibruin hare en bruin oë. Sy weeg ongeveer 65 kg en is 1.53 m lank. Sy het gaatjies in haar ore. Dit is nie duidelik watter klere sy aangehad het nie.

Enigiemand met inligting word versoek om ao JJ Maqloid van die Wierdabrug-polisie te kontak by 072 536 7810.
sonique van wyk pl

Viewing all 56621 articles
Browse latest View live