
Argieffoto (Foto: Science Photo Library)
Minstens 25 aanbidders is Donderdag dood en talle persone beseer tydens ʼn selfmoordbomaanval in ʼn moskee in Sana’a, Jemen.
Dit is die eerste dag van die Moslem-vakansie, Eid al-Adha.
Die ontploffing het in die Balili-moskee naby ʼn polisie-akademie plaasgevind, wat deur die Hoethi-Sjiïtiese insurgente beheer word.
Niemand het nog aanspreeklikheid aanvaar vir die bomaanval nie.
Jemen se hoofstad het die afgelope paar maande gereeld selfmoordbomaanvalle beleef deur die Islamitiese Staat teen die Sjiïte.