Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Cecil-agent deur polisie ‘ontvoer’

$
0
0
Cecil die leeu Foto: Zimparks, Facebook

Cecil die leeu Foto: Zimparks, Facebook

Theo Bronkhorst, die professionele jagter wat daarvan beskuldig word dat hy die jag op Cecil die leeu gereël het, is glo Maandag deur polisie uit sy huis in Bulawayo “ontvoer” en in polisieselle by Beitbrug toegesluit.

Bronkhorst (52) is verlede week in hegtenis geneem en was twee dae lank in polisieaanhouding nadat hy daarvan beskuldig is dat hy 29 swartwitpense onwettig in Suid-Afrika probeer insmokkel het.

Maroela Media het vroeër berig drie Suid-Afrikaners, Edwin Hewitt (49), Hendricks Johannes Blignaut (41) en John Herbert Pretorius (49), is deur die polisie en Zimbabwe se parke-en-natuurlewebestuur-owerheid in hegtenis geneem toe die twee vragmotors waarin die bokke vervoer is, in modder by die droë Limpoporivier vasgeval het wat as die grens tussen die twee lande dien. Drie van die swartwitpense is dood weens dehidrasie.

Bronkhorst het aan die polisie gesê hy het die swartwitpense uit Zambië na Zimbabwe gebring en die meerderheid diere is deur die drie Suid-Afrikaners gekoop. Hy het gesê hy het ongeveer ʼn dosyn van die diere self gekoop vir sy eie teelprogram in Zimbabwe.

Geen aanklagte is teen Bronkhorst aanhangig gemaak tydens sy aanhouding by die Hillside-polisiestasie nie.

Hy het glo voldoende dokumente, waaronder permitte, voorsien om te bewys hy was by magte om die swartwitpense van Zambië na Zimbabwe te bring, asook bewyse dat sy swartwitpense was waar hy gesê het hulle was – in ʼn veld naby sy klein jag-lodge 330 km noord van Bulawayo.

Die drie Suid-Afrikaners het egter in polisieaanhouding gebly nadat hulle borgtog geweier is in die Beitbrug-landdroshof. Die polisie het gesê die drie mans het glo ʼn veeartspermit gehad om die swartwitpense na Suid-Afrika te neem, maar hulle is aangekla omdat hulle die grens by ʼn nieamptelike punt probeer oorsteek het.

Bronkhorst is Maandagoggend weer deur polisie in aanhouding geneem en sal Dinsdag in die hof verskyn. “Ek voel baie sleg hieroor, want ek weet nie hoekom ek uit my huis uit geneem en Beitbrug toe gebring moes word nie,” het hy gesê.

Bronkhorst het vroeër internasionaal kritiek ontlok nadat hy saam met sy kliënt, dr. Walter Palmer, ʼn tandarts van Minnesota in die VSA, die bekende leeu, Cecil, geskiet het. Bronkhorst staan tereg op aanklagte van stropery omdat hy glo nie die nodige permit gehad het om Cecil te jag nie. Hy het skuld ontken op die klagte teen hom en is in Augustus op borgtog van R12 000 vrygelaat.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!