Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Bfn-sakeman vas oor geslagsdele in vrieskas

$
0
0

Die toerusting wat in die huis gevind is. Foto: Verskaf

Die toerusting wat in die huis gevind is. Foto: Verskaf

Die polisie in Bloemfontein het vroeër vandeesweek op ʼn huis in Langenhovenpark toegeslaan waar hulle vroue se geslagsdele in ʼn vrieskas gevind het.

Konst. Masilela Langa, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het Donderdag op die huis toegeslaan nadat hulle ʼn wenk van die publiek ontvang het. Hy het gesê ʼn 58-jarige man, wat glo van Denemarke afkomstig is, is in hegtenis geneem.

Volgens Langa is daar ook op toerusting, waaronder tange, skalpels en verdoofmiddels, in die huis beslag gelê. Die verdagte, wat glo ʼn onderneming in die middestad het, het die huis met sy vrou en twee kinders gedeel. Die vrou en kinders is glo na ʼn plek van veiligheid geneem nadat die verdagte in hegtenis geneem is.

Langa het gesê daar is ook foto’s van vroue se geslagsdele gevind. “Dit is asof die man die hele proses gedokumenteer het.” Hy het gesê dit is nog nie duidelik of die vroue geleef het toe hul geslagsdele verwyder is nie.

Die polisie doen ’n beroep op mense wat slagoffers van die verdagte was of meer inligting het om met hulle in verbinding te tree. Die verdagte sal Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!