Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

E-tol-bedrieër beboet

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

ʼn Senior navorser by die Raad vir Wetenskaplike en Industriële Navorsing (WNNR), wat vals nommerplate gebruik het sodat hy nie tolgeld hoef te betaal nie, is Donderdag gevonnis.

Dr. Stoyan Stoychev (36) het skuldig gepleit op 987 aanklagte van oortreding van die Padverkeerswet en die Sanral-wet, vir al die kere wat hy onderdeur e-tolhekke gery het. Hy het ook op aanklag van bedrog skuldig gepleit omdat hy sy nommerplaat gewysig het in ʼn poging om die e-tolstelsel te omseil.

Stoychev, ʼn Bulgaar, is op 2 Oktober verlede jaar op die N1 in Centurion in hegtenis geneem omdat hy sy Hyundai i30 sonder een van die motor se nommerplate bestuur het, die “C” op die ander nommerplaat na ʼn “O” verander en twee van die syfers omgeruil het.

Hy het later gekloonde nommerplate gebruik wat behoort aan BN Bunting, ʼn motoris wat ʼn geregistreerde e-tol-gebruiker is en sodoende skuld van R13 000 opgebou.

Stoychev het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan.

Hooflandros Desmond Nair het die ooreengekome vonnis gelewer van ʼn boete van R20 000 of ses maande tronkstraf vir bedrog wat gepleeg is tussen 10 Maart 2014 en 2 Oktober 2014. Daarbenewens moet Stoychev 100 uur gemeenskapsdiens by die DBV verrig.

Die straf vir die ontduiking van e-tol was dieselfde, maar is in geheel opgeskort op voorwaarde dat hy sy e-tol skuld van meer as R14 000 vereffen. Dit sluit die bedrag in wat hy namens Bunting opgebou het.

Die staat het gesê rooi ligte het begin flikker toe gevind is Stoychev en Bunting het by verskillende e-tolhekke in Gauteng deurgegaan op dieselfde tye.

Vusi Mona, Sanral se woordvoerder, het gesê hy dink die pleitooreenkoms is regverdig. “Ons bedank die polisie en die nasionale vervolgingsgesag. Geregtigheid het geskied,” het Mona gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!