Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Walglike omstandighede in Pollsmoor tronk bekend gemaak

$
0
0

Argieffoto Foto: veooz.com

Argieffoto Foto: veooz.com

Regter Edwin Cameron van die konstitusionele hof het in ʼn verslag oor die Pollsmoor-gevangenis gesê die algehele lewensomstandighede daar is “skrikwekkend en betreurenswaardig”.

Die Detention Justice Forum (DJF) het Dinsdag die verslag verwelkom wat Cameron saamgestel het ná sy besoek aan die Pollsmoor verhoorafwagtende-fasiliteit en die Pollsmoor vroue-gevangenis vroeër vanjaar. DJF is ‘n nieregeringsorganisasie wat onder andere deur die Wits Justice Project, verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand, gekoördineer word.

Cameron het geskryf “die omvang van die oorbevolking, onhigiëniese toestande, siektes, uitgeteerde voorkoms van die gevangenes en algehele betreurenswaardige lewensomstandighede is uiters kommerwekkend.” Volgens die DJF het die regter ook gesê die departement van korrektiewe dienste voldoen nie aan die basiese standaarde waaraan gevangenisse moet voldoen volgens die menseregtehandves en die wet op korrektiewe dienste nie.

“Die gevangenisse is in April besoek as deel van die konstitusionele hof se gevangenis-besoek projek en die verslag sit die walglike omstandighede uiteen wat hy [Cameron] en sy klerke gesien het. Cameron het gevind dat die selle so vuil was, dat gevangenes blase, jeuksiekte, wonde en sere gehad het van die luis-besmette beddegoed wat nog nooit gewas is nie.

“Gevangenes is siek en kan nie toegang tot medisyne kry nie weens gereelde voorraadtekorte, wat tekorte aan tuberkulose-medikasie insluit. Min MIV-toetsing word gedoen en gevangenes wat antiretrovirale middels benodig, is grootliks ongediagnoseerd. Gevangenes word ook in hulle selle toegesluit vir 24 uur van die dag en sommige word slegs toegelaat om een keer ʼn maand te oefen.

Die toilette kan nie spoel nie en aangehoudenes kan nie stort nie weens gebreekte pype. Die aangehoudenes is vasgevang in tronke wat 300% oorvol is en hulle is uiters ledig en gefrustreerd,” het Cameron geskryf.

Volgens die DJF het Cameron bevind die gevangenes word “slegter as diere” behandel. Daarby word buitelanders wat slegs aangehou word omdat hulle nie die nodige papierwerk het om in die land te wees nie, saam met gevangenes aangehou wat strafregtelik aangekla word, wat ʼn oortreding is van die internasionale standaard. Cameron het die instansies saam met die departement van korrektiewe dienste se streekskommissaris, Delekile Klaas en ander senior beamptes besoek, wat glo net so geskok was deur die omstandighede.

Die DJF het gesê die verslag het duidelike en realistiese voorstelle vir dringende implementering bevat. Die maatreëls sal voldoening aan basiese standaarde verseker, soos skoon beddegoed, drie etes per dag, toegang tot medisyne, leesmateriaal, daaglikse oefening en die skeiding van beweerde ongedokumenteerde immigrante van ander aangehoudenes.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!