Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘Ma’ weer in hof vir ontvoering 18 jaar gelede

$
0
0

Die Wes-Kaapse hooggeregshof. Argieffoto

Die Wes-Kaapse hooggeregshof. Argieffoto

Die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy die drie dae oue Zephany Nurse 18 jaar gelede uit haar bedjie in die Groote Schuur-hospitaal ontvoer het, sal Dinsdag in die Kaapstad-landdroshof verskyn.

Die meisie is vroeër vanjaar by ʼn plaaslike skool gevind met ʼn ander naam en van. Sy het intussen 18 geword en voltooi tans haar matriekjaar.

Die vrou wat sy haar hele lewe lank as ma geken het, word nou aangekla van ontvoering, bedrog en oortreding van die Kinderwet. Die saak sal na verwagting vandag na die Wes-Kaapse hooggeregshof oorgeplaas word vir ʼn voorverhoor-beraad.

Die storie van Zephany Nurse het verlede jaar internasionale nuushooftrekke gehaal nadat die meisie se biologiese suster by dieselfde skool as sy beland het en die twee vriende geraak het. Nadat die jonger sussie haar ouers vertel het van die opvallende ooreenkoms, het Morne en Celeste Nurse agterdogtig geraak en gedink dit kan dalk hul ontvoerde dogter wees.

DNA-toetse het later bewys die tiener is wel die kind na wie hulle al 18 jaar lank gesoek het.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images

Trending Articles


Jan van Tonder (1954–)


LêNet: Onbeplande oornag


Die 5 lekkerste vakansieboeke vir kinders


Die beste tyd van my lewe


Maar een Suid-Afrika


Die oplossing vir yl hare is hier


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


Die kuns van koeksisters bak


Bieg: Wie Alice is