Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Staat wil ingryp oor valse kwalifikasies

$
0
0

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Adj.pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag aan die parlement gesê die regering beplan om die probleem van Suid-Afrikaners wat valse kwalifikasies voorhou, hok te slaan en gaan streng maatreëls oorweeg.

Ramaphosa het gesê Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en onderrig, werk tans aan ’n voorlegging om die “plaag” uit te wis. “Nzimande het ook die nasionalekwalifikasie-owerheid genader om ʼn proses te begin waarvolgens die name van mense wat valslik beweer hulle het kwalifikasies, op ʼn lys kan kom sodat hulle duidelik genoem kan word. Hulle sal dan aangekla, in hegtenis geneem en tronk toe gestuur word,” het Ramaphosa gesê.

Hy het gesê onlangse voorvalle van prominente Suid-Afrikaners wat oor hul kwalifikasies lieg, het die land se beeld oorsee skade berokken.

Kirsten Halcrow, uitvoerende hoof van EMPS, die oudste agtergrondsifting-maatskappy in Suid-Afrika, het Maandag gesê dringende stappe deur die regering om die probleem aan te pak, was lankal noodsaaklik. Halcrow het gesê die probleem van valse kwalifikasies is so verreikend dat die regering nie anders kan as om in te gryp nie – 7,62% van kwalifikasies wat vanjaar deur haar maatskappy geverifieer is, was “problematies”.

“Daar gaan omtrent nie ’n dag verby dat nog ’n hooggeplaaste staatsamptenaar ontmasker word dat hy of sy valse kwalifikasies voorhou nie. Tot nou toe het die regering grootliks sy oë daarvoor gesluit en toegelaat dat die bedrieërs in hul poste bly,” het sy gesê.

Halcrow het gesê ondanks verskeie valse kwalifikasies wat al aan die lig gekom het, is dit steeds maklik om dit te bekom. “Vir minder as R1 000 kan jy omtrent enige graad bekom, van eerste grade tot doktorsgrade deur duisende graadverkopers oor die hele wêreld,” het sy gesê. “Dit is noodsaaklik dat werkgewers die kwalifikasies van alle kandidate verifieer, nie net dié wat vir senior of sensitiewe betrekkings aansoek doen nie.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!