Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

[Foto’s] Kunstenaars reageer ná seuntjie uitspoel

$
0
0
HA Hellyer, Twitter

HA Hellyer, Twitter

WAARSKUWING: ʼn Foto van Aylan Kurdi se liggaam waar dit op die strand uitgespoel het, volg onderaan die berig. Aylan se tannie het die foto op haar Facebook-blad gedeel. Sensitiewe lesers en kinders word afgeraai om daarna te kyk. Die foto word wyd op sosiale media versprei.

Die polisie in Turkye het Woensdagoggend op die liggaam van ʼn driejarige vlugteling van Sirië afgekom toe die op die strand uitgespoel het.

Die driejarige, Aylan Kurdi, sy vyfjarige boetie Ghalib, en hul 35-jarige ma Rehan, het verdrink toe hulle uit die IS-beleërde Sirië wou vlug. Die pa, Abdullah, het oorleef.

Aylan en Ghalib het nie lewensreddingsbaadjies aangehad nie en hulle het nie ʼn kans gestaan toe die skip met 17 persone aan boord omgeslaan het nie.

Skokfoto’s van die seuntjie se lewelose liggaam is wyd op sosiale media versprei wat die klem geplaas het op die noodroep van die vlugtelingekrisis in Soedan.

Die foto’s het ook ʼn emosionele reaksie by verskeie kunstenaars wêreldwyd uitgelok en hulle het treffende kunswerke gemaak wat op dié foto’s gebaseer is. Talle van die kunstenaars beeld Aylan as ʼn engel uit.

Die seuntjies se tannie het die foto ook op haar Facebook-blad gedeel.

Volgens die Internasionale Organisasie vir Migrasie het 2 500 vlugtelinge reeds vanjaar gesterf toe hulle met bote Europa wou bereik.

Lees ook: Daily Mail

WAARSKUWING: ʼn Foto van Aylan Kurdi se liggaam waar dit op die strand uitgespoel het, volg onderaan die berig. Aylan se tannie het die foto op haar Facebook-blad gedeel. Sensitiewe lesers en kinders word afgeraai om daarna te kyk. Die foto word wyd op sosiale media versprei.

aylan 2 aylan 3 aylan 4 aylan 5 aylan 6 aylan 7 aylan 8 aylan 9 aylan 10 aylan 11 aylan 12 aylan 13 aylan 15 aylan 16 HA Hellyer, Twitter

My deepest condolences to my brother's family who suffered a tragic death in search of a better life. Where is the humanity in the world. They did not deserve this. My heart is broken. Rest in peace Angels.

Posted by Tima Kurdi on Wednesday, 2 September 2015


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621