Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Pa van twee sterf ná voorval met uitsmyter by nagklub

$
0
0
Allen Eksteen. Foto: Facebook

Allen Eksteen. Foto: Facebook

Allen Eksteen, ʼn 38-jarige pa en veiligheidsbeampte van Krugersdorp in Gauteng, word Vrydag begrawe nadat hy oor die naweek ná ʼn voorval met ʼn uitsmyter by ʼn gewilde nagklub in die dorp dood is.

Sers. Tshepiso Mashale, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Eksteen is glo Saterdagaand omstreek 21:45 tydens ʼn onderonsie met ʼn uitsmyter by die nagklub geslaan.  Volgens ooggetuies het die uitsmyter Eksteen glo in sy gesig geslaan.

Eksteen, ʼn reaksiebeampte van Endurance Pride Respect (EPR) Security, was nie aan diens toe die voorval plaasgevind het nie.

Die oorsaak van die onderonsie word ondersoek en die polisie het verklarings van ooggetuies en personeel van die nagklub geneem. Die voorval het buite die nagklub plaasgevind.

Lede van die plaaslike gemeenskappolisiëringforum (GPF) het by die toneel opgedaag en Eksteen op die grond aangetref. Hulle het begin noodhulp toepas totdat paramedici van Netcare 911 met hul aankoms by hulle oorgeneem het. Paramedici het tevergeefs probeer om sy lewe te red en hy is op die toneel dood verklaar.

Die uitsmyter het homself daarna aan die polisie gaan oorgee en is aangekla van moord. Die 49-jarige man, wie se naam weerhou word, het vroeër vandeesweek in die dorp se landdroshof verskyn. Die saak is tydelik teruggetrek vir verdere ondersoek en hy is vrygelaat.

Johan Krogh, algemene bestuurder van EPR Security, waar Eksteen sedert 2011 gewerk het, het Eksteen beskryf as ʼn hardwerkende mens wat sy werk ernstig opgeneem het. “Hy was baie hulpvaardig en het uit sy pad uit gegaan vir ons kliënte,” het Krogh aan Maroela Media gesê. “Ons innige simpatie en meegevoel gaan aan sy familie, vriende en kollegas.”

Eksteen word Vrydag om 10:00 vanuit die AGS Krugersdorp Sentraal begrawe.

Hy laat sy vrou, Khriska en twee seuns agter.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!