Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Verdagte vasgetrek ná polisiebeamptes doodbrand

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Gevaarlike misdadiger wat vermoedelik betrokke was by ʼn rooftog in Harding, KwaZulu-Natal, waartydens twee polisiebeamptes en ʼn veiligheidswag dood is, is Woensdag in hegtenis geneem.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die Umlazi-misdaadintelligensie-eenheid en die Brighton Beach taakspan het die 30-jarige man in Umlazi vasgetrek. Hy het ʼn pistool met twee magasyne en 26 koeëls in sy besit gehad. Die vuurwapen se reeksnommer was afgevyl.

Die man se huis in die Esiganseni-gebied is ook deursoek en daar is beslag gelê op ʼn rewolwer. Die twee vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in die uitvoering van enige ander misdade gebruik is.

Volgens Naicker was die man vermoedelik betrokke by ʼn voorval in April toe polisiebeamptes op ʼn rooftog by ʼn groothandelaar in Harding gereageer het en die rowers op hulle losgebrand het. “Die verdagtes was nog besig toe die beamptes by die toneel opdaag en hulle het op die polisielede geskiet. Die polisievoertuig het aan die brand geslaan,” het Naicker gesê.

Volgens Naicker kon omstanders ʼn vroulike polisiebeampte uit die voertuig red, maar haar twee kollegas het in die voertuig doodgebrand. ʼn Veiligheidswag is ook in die proses doodgeskiet.

Die man sal binnekort in die Umlazi-landdroshof verskyn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!