Quantcast
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Gewelddadige betogings by Limpopo-myn

Die gewelddadige betogings wat die afgelope week by Anglo American Platinum se Mogalakwena-myn in Limpopo voorgekom het, het Donderdag tot ontwrigting op die nabygeleë N11 gelei.

Kapt. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê ’n vragmotor is Donderdagoggend aan die brand gesteek en die pad is versper. Dit volg nadat gewelddadige betogers Maandag en Dinsdag by die Mogalakwena-myn betoog het. Volgens Otto is die betogers glo inwoners van die omliggende informele nedersettings.

Otto het gesê die betogers het Maandag eers die N12 probeer versper toe hulle deur die polisie uitmekaar gejaag is. Die betogers het toe paaie na die myn versper met klippe en bande wat aan die brand gesteek is. Die betoging het Dinsdag voortgegaan en teen Woensdag kon die polisie daarin slaag om die betoging in bedwang te bring hoewel daar weer sporadies betogings uitgebreek het. Volgens Otto is verskeie mense reeds in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging.

Volgens berigte eis die betogers werksgeleenthede van die myn se bestuur. Mpumi Sithole, ’n woordvoerder van Anglo American Platinum, het intussen berigte dat van die myn se infrastruktuur en voertuie tydens die betogings beskadig is, ontken. Volgens Sithole is die myn se bedrywighede nie deur die betogings geraak nie. Sy het gesê die myn se bestuur het met verteenwoordigers van Ga Molekane, ’n nabygeleë nedersetting, vergader en dat ’n taakspan wat uit die mynbestuur en gemeenskapsleiers bestaan op die been gebring is om die kwessies aan te spreek.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!