Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

ANC Jeugliga-lid gee geboorte op bus

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Oos-Kaapse afgevaardigde van die ANC Jeugliga (ANCYL) het Donderdag op pad na die party se nasionale verkiesingskonferensie op ʼn bus geboorte gegee aan haar baba.

Mvuzo Mxenge, ʼn streeksekretaresse van die ANCYL, het die voorval bevestig, maar wou geen verdere besonderhede verskaf nie. “In hierdie stadium is dit beter om die privaatheid van die nuwe ma te beskerm. Dit is ʼn sensitiewe saak en sal ook so hanteer word,” het sy gesê. “Al wat ek kan sê, is dat ons byna in Johannesburg was en die voorval het nie lank terug gebeur nie.”

Meer as 390 Oos-Kaapse afgevaardigdes het Woensdagmiddag vanaf agt punte regoor die provinsie vertrek. Die nuwe ma het deel gevorm van ʼn groep wat in Mthatha opgelaai is.

“Niemand was daarvan bewus dat sy binnekort moes kraam nie. As ons dit geweet het, sou ons haar gevra het om agter te bly,” het een van die afgevaardigdes wat op dieselfde bus was, gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


7 voordele van boegoe


Die beste tyd van my lewe


5 goed wat jy vir jou haarkapper moet sê vóórdat hy jou hare sny


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


8 Wenke om water te bespaar


Rita (JM) Gilfillan (1941–)


Graad 8-Afrikaans Huistaal: vraestelle en memoranda


Ek is oppad #Hermanus toe !!


Drie stappe: Kikker jou kaste op


Te koop: Bosweg 3, Eastermar