Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Springbok-hofaansoek: ‘Dit was strategiese plan’

$
0
0
rugby-springbok-logo-groot

Argieffoto.

Die politieke party Agency for New Agenda (ANA) het Woensdag gesê hy is tevrede met die uitkoms van sy hofaansoek om die Suid-Afrikaanse rugbyspan te verhoed om aan die 2015-Wêreldbekerrugbytoernooi deel te neem, al is die aansoek teruggetrek.

“Dit was ʼn strategiese plan, dit het gewerk en gaan ʼn groot invloed op transformasie hê, nie net in sport nie, maar op alle vlakke van die samelewing,” het Mahlomola Mokhoanatse, die leier van ANA, tydens ʼn perskonferensie in Pretoria ná die uitspraak gesê.

Mokhoanatse het gesê dit was nie aanvanklik die bedoeling om die Springbokke te verhoed om aan die Wêreldbeker deel te neem nie, maar eerder om die stadige trant van transformasie aan te por.

ANA, voorheen bekend as South Africa First, het die dringende hofaansoek op 28 Augustus ingedien. Die aansoek is gegrond op ʼn tekort aan transformasie in die sport. Die party beweer rugby word steeds deur wit mense oorheers en die Springbokspan verteenwoordig nie die meerderheid van Suid-Afrikaners nie.

Die aansoek is Woensdag teruggetrek in ruil vir breër samespreking oor die transformasie-kwessie met die regering en lede van die publiek. Hierdie voorwaarde is in ʼn konsepbevel vervat wat deur die onderskeie partye opgetrek is en Woensdag aan die regter in die hooggeregshof in Pretoria oorhandig is.

“Regter Ntendeya Mavundla se konsepbevel is presies wat ons wou hê. Die transformasieproses beweeg teen ʼn slakkepas. In die afgelope 21 jaar het daar maar min gebeur en dit is hoekom ons die aansoek teen die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) en die minister van sport, Fikile Mabalula, gebring het.”

Hy het verduidelik dat hulle tot die laaste minuut gewag het omdat hulle eers wou sien wie almal vir die Springbokspan gekies gaan word. Agt van die 31 spelers wat gekies is, is swart.

Mokhoanatse het ook gesê die demografie in netbal en krieket verteenwoordig nie die meerderheid van die land nie.
Hy het gesê na sy mening is regverdige verteenwoordiging 80% swart spelers, wat verteenwoordigend van die land se demografie is.

“Ons gaan egter nie oor elke sport hof toe gaan nie. Die bal is nou aan die rol gesit en word deur die hof gedryf. As mense nie tevrede is oor die demografie in Bafana Bafana nie, moet hulle hul stemme dik maak en die howe nader,” het hy bygevoeg.

Volgens Mokhoanatse sou meer swart spelers se vaardighede beter gewees het as die “speelveld gelyk was” en hulle vroeër al gelyke geleenthede en beter hulpbronne gehad het.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!