
Die bakkie se wrak. Foto: ER24
ʼn Man is dood en ʼn ander beseer nadat ʼn bakkie Dinsdag in die vroeë oggendure in Bloemfontein gerol het.
Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het in Kerkstraat plaasgevind.
“Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor waarna dit die pad verlaat en verskeie kere gerol het,” het Bodasing gesê. Die bakkie het in die veld langs die pad tot stilstand gekom.
“Die bestuurder van die bakkie se liggaam is ʼn paar meter van die wrak af aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar. Die passasier van die bakkie het matige beserings opgedoen en agter die wrak gelê.”
Die man is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.