Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vrystaat-busramp: Voorlopige verslag dan uitgereik

$
0
0
Foto: Halo Aviation

Foto: Halo Aviation

Die Ekurhuleni-metro het Maandag gesê ʼn gesamentlike operasionele sentrum is op die been gebring om alle inligting rondom Sondag se dodelike busongeluk, waarin 11 ANC-ondersteuners dood is, te koördineer.

Die bus het nagenoeg 70 ANC-ondersteuners, meestal van Vosloorus en Katlehong, van Port Elizabeth in die Oos-Kaap terug na Ekurhuleni vervoer, toe dit langs die N1-snelweg tussen Winburg en Ventersburg in die Vrystaat omgeslaan en gerol het. Die ondersteuners het Saterdag die party se verkiesingsmanifesbekendstelling in Port Elizabeth bygewoon. Elf mense is dood nadat hulle uit die bus geslinger is en onder die wrak beland het. Nagenoeg 59 mense is beseer.

“Die sentrum is by die Palm Ridge-brandweerstasie opgerig om alle inligting rondom die ongeluk, die oorledenes en beseerdes te koördineer,” het Themba Gadebe, Ekurhuleni se woordvoerder, gesê. “Die families van die oorledenes en beseerdes het nou ʼn sentrale punt waar hull inligting oor hul geliefdes kan kry.”

Gadebe het gesê familielede kan die sentrum by 011 999 3796 bel om ʼn naamlys te kry van mense wat op die bus was. “Die sentrum is gereed om die jongste inligting aan familielede te verskaf oor die status van al die passasiers wat in die ongeluk betrokke was.” Gadebe het gesê beraders is by die sentrum beskikbaar om die families in hierdie moeilike tyd by te staan.

Die LUR vir gesondheid in die Vrystaat, dr. Benny Malakoane, het Sondag gesê op die oog af is die ongeluk deur ʼn menslike fout veroorsaak, aangesien die bus se wiele onbeskadig was en daar nie ʼn ander voertuig in die ongeluk betrokke was nie.

Daar word bespiegel dat die bestuurder moontlik aan die slaap geraak het. Sommige media berig egter ooggetuies beweer die ongeluk is veroorsaak toe twee busbestuurders mekaar in die bewegende bus wou aflos.

Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC), het Maandag aan Maroela Media gesê hy wil nie oor die bewerings kommentaar lewer nie.

“ʼn Span is aangestel om die omstandighede rondom die ongeluk te ondersoek. Ons beplan en hoop ons kan die uitkoms van die voorlopige ondersoek oor twee weke bekend maak, maar ons wil nie die ondersoekspan aanjaag nie,” het Zwane gesê.

Lt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

Lees alle vorige berigte oor die Vrystaat-busongeluk op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!