ʼn Man is dood nadat die bakkie waarin hy ’n insittende was op ʼn plaas by Bronkhorstspruit omgeslaan het.
Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man, vermoedelik ʼn plaaswerker, is uit die bakkie geslinger. “Met ons aankoms op die toneel het ons gesien die bakkie het bo-op die plaaswerker tot stilstand gekom.”
Volgens Mathe is die plaaswerker op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die bakkie, ook ʼn plaaswerker, het ligte beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Die voorval word ondersoek.