Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Skok oor Vrystaat-busongeluk

$
0
0

Foto: Departement van gesondheid.

Foto: Departement van gesondheid.

Die minister van vervoer, politieke partye en verskeie ander organisasies het hul skok en medelye uitgespreek ná Sondag se busongeluk in die Vrystaat waarin 11 mense dood en 59 beseer is.

Die bus het ANC-ondersteuners van Port Elizabeth na Ekurhuleni vervoer vir Saterdag se verkiesingsmanifesbekendstelling van die ANC.

Dipuo Peters, minister van vervoer, het haar meegevoel betuig aan die familie en vriende van die oorledenes sowel as die “hele ANC-familie”. Sy het ook die beseerdes spoedige beterskap toegewens.

Die South African National Civic Organisation (Sanco) het ook sy meegevoel met die oorledenes se familie en vriende betuig. “Ons gebede en gedagtes is met hulle in dié tyd van hartseer,” het Jabu Mahlangu, Sanco se nasionale woordvoerder, gesê.

Mondlo Gungubele, burgemeester van Ekurhuleni, het vroeër sy skok oor die ongeluk uitgespreek. “Daar is geen manier om te beskryf hoe ek voel nie. Hierdie mense was Saterdag saam met ons en vandag [Sondag] is hulle nie meer hier nie. Mag hul siele in vrede rus. Die verlies van een lewe is al klaar ʼn ramp. Hierdie voorval is ʼn verwoesting.” Die ANC-Vroueliga het ook medelye met die oorledenes se familie en vriende uitgespreek.

Die DA het ʼn beroep op die polisie gedoen om sy ondersoek na die ongeluk so spoedig moontlik af te handel. “Ons wil graag ons gebede opdra aan diegene wat beseer is en wens hulle spoedige beterskap toe, sowel as aan die ANC. Ons doen ʼn beroep op die polisie om die ondersoek spoedig te hanteer ten einde berusting te bring vir die families van die oorledenes,” het Refiloe Nt’sekhe, woordvoerder van die party, gesê.

Die EFF het ook sy meegevoel betuig met die oorledenes se familie en die ANC.

Lees alle vorige berigte oor die Vrystaat-busongeluk op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!