Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Duisende doen aanlyn aansoek vir IDs, paspoorte

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

Duisende mense het reeds aanlyn vir hul ID-slimkaarte en paspoorte aansoek gedoen nadat die departement van binnelandse se sake sy aanlynportaal in samewerking met vier van die land se grootste banke bekend gestel het.

Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van binnelandse sake, het Woensdag gesê sedert die aanlynstelsel verlede week bekend gestel is, het 4 088 landsburgers deur middel van die portaal geregistreer en 140 van die aanlynaansoeke is by die onderskeie banke afgehandel.

“Dit was nog stadig op die eerste dag met net 229 aansoeke, maar op die tweede dag was daar 1 687 aansoeke en weer meer as ʼn 1 000 op dag vyf,” het Apleni gesê. “Die minste aansoeke was Sondag.” Volgens Apleni is afsprake reeds vol bespreek tot einde April.

Die departement wil met hul nuwe aanlynstelsel dit vir mense moontlik maak om aansoek te doen vir amptelike dokumente vanaf hul huis of kantoor. Mense kan aanlyn aansoek doen en betaal en dan na die bank van hul keuse gaan om hul foto en vingerafdrukke te laat neem.

“Die stelsel is so wonderlik omdat mense nie in toue hoef te staan by die kantore van binnelandse sake nie. Die kantoorpersoneel is dan ook vry om ander kliënte vinniger te help en so is die dae van ‘die riller van binnelandse sake’ verby,” het Apleni gesê.

Die banke betrokke by die inisiatief is ABSA, FNB, Nedbank en Standard Bank. Die stelsel is tot dusver by 11 banktakke beskikbaar en kan vir eers net deur mense wat tussen 30 en 35 jaar oud is, gebruik word tydens die toetsfase. “Ons evaluering toon daar is ander ouderdomsgroepe wat ook baie in hierdie stelsel belangstel en daarom moedig ons mense in dié ouderdomsgroep aan om die geleentheid aan te gryp en aansoek te doen.”

Apleni het belowe die stelsel sal binnekort vir ander ouderdomsgroepe ook beskikbaar wees.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!