Die eerste amptelike Starbucks-restaurant maak vandeesmaand sy deure in Suid-Afrika oop.
“Ons is trots om aan te kondig dat die eerste Starbucks-tak in Rosebank [Johannesburg] op 21 April om 07:30 oopmaak,” het die maatskappy bevestig.
Sedert die eerste winkel in 1971 by Pike Place-mark in Seattle, Washington oopgemaak het, het dié koffiewinkelgroep tot kultusstatus gevorder. Aanhangers staan gewoonlik in lang rye wanneer ʼn Starbucks die eerste winkel in ʼn land oopmaak.
Daar is tans minstens 23 768 Starbucks-takke in 67 lande wêreldwyd.
Die Rosebank-tak se besigheidsure is Maandag tot Sondag van 07:30 – 22:00.
Volgens die maatskappy se webwerf sal ʼn Starbucks-tak ook by Mall of Africa oopmaak. Mall of Africa is tans onder konstruksie en maak na verwagting op 28 April 2016 oop in Waterfall City, Midrand.
Is jy ‘n groot aanhanger? Sal jy moeite doen om die tak te besoek? Laat weet ons gerus in die kommentaar!
Besoek Starbucks SA op Facebook
Besoek Starbucks se Suid-Afrikaanse webwerf