Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Moot-moord: Familielid dan in hof

$
0
0

Elsabe van Niekerk. Foto: Facebook

Elsabe van Niekerk. Foto: Facebook

Die familielid wat in hegtenis geneem is enkele ure ná die moord op Elsabe van Niekerk (55), sal later die week in die hof verskyn.

Die 28-jarige aangetroude familielid sal Donderdag in die Pretoriase landdroshof verskyn. Die verdagte is Maandag omstreeks 17:15 in hegtenis geneem by ʼn huis in Rietondale, enkele ure nadat Van Niekerk se liggaam in ʼn plas bloed by haar broer se huis op die hoek van 8ste Laan en Ben Swartstraat in Gezina gevind is.

Bure het glo gehoor hoe Van Niekerk en die verdagte rusie maak waarna die polisie ontbied is en daar op Van Niekerk se liggaam afgekom is. Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê daar is ʼn bebloede mes op die toneel gevind en dat dit vermoedelik die moordwapen is.

Rainbow Gospel Radio, die Christelike radiostasie waar Van Niekerk as omroeper gewerk het, het intussen hul skok oor die voorval uitgespreek. “Elsabe, ons harte is seer en daar is soveel hoekoms en waaroms. Baie dankie dat jy nooit ʼn kans laat verbygaan het om ʼn siel vir Jesus te wen nie. Al Rainbow Gospel Radio se luisteraars gaan jou pragtige programme mis. Lief vir jou.”

Van Niekerk het ook as pastoor gewerk by die Herlewingslig-sentrum in Zandfontein. Sy laat haar man, Dirk, twee kinders, Leandri Visser (29) en Benjy (20), en twee kleinkinders, Juan (5) en Micayla (3), agter.

“Nooit die seer gevoel wat ek nou voel nie, my moeder, hoekom moes dit gebeur. My hart is stukkend. Ek gaan jou vreeslik mis. Rus saggies moekie,” het Visser op Facebook geskryf.

Lees alle vorige berigte oor Elsabe van Niekerk op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!