ʼn Man het ernstige beserings opgedoen nadat hy Dinsdagoggend van die Govan Mbeki-brug tussen Mitchells Plain en Nyanga in Kaapstad afgegooi is en op die R300-snelweg onder die brug geval het.
Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het die man in die pad gelê met sy gesig na onder. Hy het erge kopbeserings opgedoen en was in ʼn ernstige toestand.
Volgens Bodasing het polisie op die toneel die paramedici ingelig dat die man glo op pad was werk toe, toe hy na bewering aangerand en van die brug af gegooi is. Dit is nie duidelik of die man beroof is of wat tot die voorval gelei het nie. Die man is na ʼn hospitaal gehaas.
Maroela Media het die polisie om kommentaar genader, maar wag steeds op terugvoer.