Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Aanlynregistrasie vir 2017 ʼn kopseer vir ouers

$
0
0
Die foutboodskap op die registrasiewebwerf.

Die foutboodskap op die registrasiewebwerf.

Ouers wat hul kinders by Gautengse skole wil registreer, kon dit van Maandagoggend af aanlyn doen, maar nie sonder haakplekke nie.

Verskeie ouers het Maroela Media genader om hul kommer uit te spreek, aangesien die webwerf nie beskikbaar is nie en hulle vrees hulle sal nie hul kinders betyds vir volgende jaar kan registreer nie.

Oupa Bodibe, die departement se waarnemende hoof van kommunikasie, het aan Maroela Media gesê die probleem is te wyte aan die groot aantal besoekers. “Die stelsel is nie af nie, dit is net baie stadig. Ons het ʼn span tegnici wat om die uur werk en nog bedieners aan die stelsel koppel.”

Bodibe het gesê dit is die eerste keer ooit dat ouers aanlyn kan aansoek doen, maar ouers hoef nie bekommerd te wees as hulle nie dadelik toegang kry nie. “Ons is besig om die haakplekke uit te stryk. Ouers moet net aanhou probeer. Ons hoop om na 14:00 vandag meer bedieners op die stelsel geaktiveer te hê.”

Hy het verder gesê vandeesweek is slegs vir ouers of voogde om hul inligting te laai en sodoende te registreer om die stelsel te gebruik. “Die amptelike registrasie by die skool self word eers volgende Maandag gedoen. Die toustaanstelsel word eers dan in werking gestel. Mense sal egter nie kan registreer as hulle teen dan nog nie hul persoonlike inligting gelaai het nie,” het hy verduidelik.

Volgens Bodibe is die departement is vol vertroue dat alle haakplekke teen dan uitgestryk sal wees.

Die nuwe stelsel is Maandag van stapel gestuur om aansoekprobleme met registrasie vir 2017 te probeer verhoed, nadat leerders weens laat aansoeke nie vanjaar plek in sommige skole kon kry nie. Die registrasieproses is gerig op gr. 1 en gr. 8-leerders by staatskole.

Die aanlynregistrasie kan by www.gdeadmissions.gov.za gedoen word. Registrasie vind in drie fases plaas en die sluitingsdatum is op 7 September.

Ouers of voogde wat nie toegang tot die internet het nie, kan 0800 000 789 bel om te hoor waar hul naaste hulpsentrums is om te registreer.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!