ʼn Pasgebore baba is Saterdagaand dood aangetref by ʼn verkeerslig in Durban se middestad.
Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het ʼn lid van die publiek op die babaseuntjie afgekom en die polisie ontbied. “Die baba is by ʼn verkeerslig naby een van die winkels in Fieldstraat gelaat,” het sy gesê.
Die polisie het paramedici ontbied. “Die baba is in ʼn swart vullissak toegedraai. Daar was ongelukkig niks wat paramedici vir hom kon doen nie.”
Verdere besonderhede oor die voorval is nie bekend nie. Owerhede stel ondersoek in.