Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Minister waarsku boere om minimum lone te betaal

$
0
0
Mildred Oliphant. Foto: The New Age

Argieffoto: Mildred Oliphant

Mildred Oliphant, die minister van arbeid, het plaas- en bosbouwerkgewers Saterdag gewaarsku om te voldoen aan die minimumloonregulasies, selfs tydens die droogte.

Oliphant het gesê sy is in kennis gestel die meeste plaas- en bosbouwerkgewers voldoen nie aan die minimumloonregulasies, wat onlangs verhoog is, nie. Die grootste rede wat werkergewers glo hiervoor aanvoer, is die droogte wat boere tans raak.

“Een van die voorwaardes wat aan boere gestel is as hulle droogtehulp van die regering ontvang, is om seker te maak werkers behou hul werk tydens die droogte,” het Oliphant se kantoor in ʼn verklaring gesê.

“Die minister wil werkgewers waarsku teen hierdie oneerlike praktyk, want dit is ʼn klap in die gesig van die droogtehulp wat die regering aan hulle bied,” het die departement gesê.

Die departement het ʼn beroep op werkers gedoen om die departement of Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie in kennis te stel as hulle nie voldoende betaal word nie.

Die departement het verder gewaarsku meer inspeksies gaan op plase en bosbou-instellings gedoen word en werkgewers sal voor die hof gedaag word as hulle nie aan die minimumloonvereistes voldoen nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!