ʼn 35-jarige man is in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriendin tydens ʼn huishoudelike geskil met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.
Konst. Noloyiso Rwezana, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Vrydagaand in Lusaka, Nyanga, plaasgevind.
“Die man het homself ook tydens die voorval in die maag gesteek. Albei van hulle is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling, maar die vrou het later aan haar beserings beswyk. Sy het verskeie steekwonde gehad,” het Rwexana gesê. Die man is onder polisiebewaking in die hospitaal.
Hy sal na verwagting Maandag in die Athlone-landdroshof verskyn op aanklag van moord.