Maroela Media het vandag op Aprilgekkedag ʼn paar artikels op die webwerf gepubliseer waarmee ons lesers om die bos wou lei.
Meeste lesers het egter vinnig die kloutjie by die oor gekry en uitgeblaker: Aprilgek!
Hier is die wolhaarstories wat vandag op Maroela Media gepubliseer is:
Nuwe taalbeleid: Só raak dit jou
Belasting verhoog vir Nkandla-geld
Nou gaan jy 4 keer ʼn jaar opdok vir jou motorlisensie
Ons lesers het veral ʼn bohaai opgeskop oor die motorlisensie en die berig is sommer vroegoggend al meer as 700 keer op Facebook gedeel.
Lesers was egter onseker of die berig “Zuma sal belasting moet betaal op Nkandla-voordele” ook ʼn Aprilgek was, en ons moes vinnig bevestig dat dié artikel wel die waarheid is en baseer is op ‘n egte verklaring deur AfriSake.
Lees alle vorige berigte wat met Aprilgek verband hou, op Maroela Media.