Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Daar is nog hoop vir Sylvester

$
0
0
Nico van der Walt, die Karoo Nasionale Park se parkbestuurder, by Sylvester toe hy verlede jaar uiteindelik gevang is. Foto: Verskaf.

Nico van der Walt, die Karoo Nasionale Park se parkbestuurder, by Sylvester toe hy verlede jaar uiteindelik gevang is. Foto: Verskaf.

Nuus dat die berugte rondloperleeu, Sylvester, moontlik van kant gemaak gaan word nadat hy weer uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het, het hewige reaksie op sosiale media ontlok.

Talle mense het met #SaveSylvester op Twitter hul misnoeë oor die besluit uitgespreek en die hutssleutel was Woensdagoggend een van die gewildste onderwerpe.

Reynold Thakhuli, woordvoerder van SANParke, het Woensdag aan Maroela Media gesê daar is egter nog geen amptelike besluit geneem om Sylvester uit te sit nie.

“Ons kan bevestig dat dit wel een van verskeie opsies is wat oorweeg word as hy weer gevang word, maar dis is beslis nog nie sy finale lot nie,” het Thakhuli gesê.

Hy het gesê ʼn hoëprofiel vergadering sal na verwagting Woensdag gehou word om Sylvester se toekoms te bepaal.

“Die mannetjie is nog jonk en dit is duidelik dat hy nie in die park aanpas nie. Hy word beskou as ʼn probleemdier en ons moet besluit of hy geskuif kan word en op ander plekke sal kan aanpas.”

Verskeie reservate en wildplase het aangebied om vir Sylvester ʼn nuwe heenkome te bied.

Intussen het die soektog na Sylvester Woensdagoggend met eerste lig hervat. ʼn Span van 14 mense, waaronder ʼn veearts, is op sy spoor. SANParke het na sy vorige ontsnapping vir hom ʼn satelliethalsband aangesit, wat die span gebruik om na hom te soek.

“Die soektog word tans te voet gedoen, maar die terrein is baie moeilik. Sylvester is sowat 25km buite die westelike kant van die reservaat.”

As weerstoestande dit toelaat, sal ʼn helikopter ingespan word om te help soek.

Maroela Media het vroeër berig Sylvester, die naam wat omliggende boere vir hom gegee het ná sy eerste ontsnapping op 5 Junie verlede jaar, het Maandag vermoedelik weer op dieselfde manier ontsnap.

“Swaar reënval het veroorsaak dat grond onder die heining weggespoel het en hy het weer deur ʼn gat onder die heining gekruip,” het Thakhuli vroeër gesê. Hy het teen Dinsdag reeds ʼn koei op ʼn plaas gevang.

Sylvester, toe drie jaar oud, se vorige soektog en versekeringseise van al die prooi wat hy tydens sy 25 dae op vrye voet verorber het, het SANParke R800 000 uit die sak gejaag. Hy het toe sowat 26 skape, ʼn koei en ʼn koedoe doodgemaak.

Hy is uiteindelik 29 Junie omstreeks 17:00 in die Nuweveldberge, noordwes van Beaufort-Wes in die Wes-Kaap, aangekeer. Hy is toe vermoedelik deur ander dominante leeumannetjies verjaag.

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!