Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Nuwe wetsontwerp oor haatspraak binnekort voorgelê

$
0
0
rassisme mnn_com

Grafika: Mnn.com

Solidariteit het vandag gesê dat die ANC se rassepolitiek gevaarlik is. Volgens die vakbond moet die regerende party homself eerder daarop toespits om werk te skep en om sy beleidsrigtings wat die ekonomie kniehalter, te staak in plaas daarvan om ras as politieke instrument te gebruik om sy vervreemde kiesers se stemme te wen.

Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat die sogenaamde Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak opgestel is en binnekort aan die kabinet voorgelê sal word.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, word die reeds bestaande wetgewing teen rassisme verkeerdelik geïmplementeer en toegepas. “Ons veroordeel enige vorm van rassisme ten sterkste. Die bestaande wetgewing word egter subjektief baie selektief geïnterpreteer ten einde politieke veld te wen ten koste van sekere individue en groepe,” het hy gesê.

“Alvorens nuwe wetgewing oorweeg word, moet alle Suid-Afrikaners eers besef dat rassisme universeel is en nie slegs by sekere individue en/of groepe bestaan nie, en die nodigheid en effektiwiteit van huidige wette moet eers behoorlik bestudeer word,” het Van der Bijl verduidelik.

Hy het bygevoeg dat daar reeds baie onsekerheid bestaan oor wat as rassisme en haatspraak gedefinieer kan word en dat die instelling van tronkstraf die onsekerheid net verder sal verhoog. “Wat in die wetgewing bedoel word met ‘enige handeling wat apartheid verheerlik’ is ook onseker en dit skep die moontlikheid dat subjektiewe polities-gedrewe menings daartoe kan lei dat persone onregverdig tronk toe gestuur kan word,” het hy gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!