Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Pta-ma, seun (11) sterf ná slapende motoris hulle tref

$
0
0
Hendro De Beer. Foto: Facebook

Hendro De Beer. Foto: Facebook

ʼn Gesin van Pretoria is in rou gedompel nadat ʼn 11-jarige seun en sy ma Saterdag dood is toe ʼn bestuurder beheer oor sy bakkie verloor en hulle getref het waar hulle langs die pad gestaan het.

Martin De Beer het Dinsdag aan Maroela Media vertel hoe vinnig die grusame ongeluk gebeur het wat sy jongste, Hendro en sy vrou, Petro (43), se lewens geëis het.

“Ons was op pad terug van ʼn familielid se plaas en was in daardie stadium daar in die omgewing van Beetgekraal [in Mpumalanga], tussen Burgersfort en Lydenburg. Hendro het saam met my skoonma agter in die motor gesit toe hy begin karsiek voel. Ek het van die pad afgetrek, heeltemal van die teer af op die grond langsaan, sodat hy kon uitklim,” het Martin gesê.

“Hendro het omgeloop na waar Petro voor in die passasiersitplek gesit het en sy het solank uitgeklim sodat hy kon voor sit. Die volgende oomblik het ʼn Nissan Navara-bakkie van die pad af gery gekom, aan die linkerkant van ons motor verby en Hendro en Petro reg van voor getref.” Hendro is met die slag in die lug geslinger, terwyl Petro hard teen die motor se deur, wat heeltemal vorentoe omgebuig het, vasgeslaan is.

Petro De Beer. Foto: Facebook

Petro De Beer. Foto: Facebook

“Ek het dadelik uitgespring en Petro langs die motor sien lê, maar kon nie vir Hendro sien nie. Petro was by haar bewussyn en het dadelik gevra of Hendro oukei is.” Martin het na Hendro gesoek en hom ongeveer 20 meter verder gekry. “Hy was klaar blou in sy gesig. Ek kon onmiddellik sien hy is op slag dood,” het ʼn emosionele Martin gesê. “Ek het teruggestap na my vrou toe en vir haar gesê, ‘Ons kind is weg’.”

ʼn Helikopter het kort daarna met Petro na Life Midmed-hospitaal in Middelburg gevlieg, waar x-strale getoon het dat sy haar gewrig en been gebreek het. Haar heup was ook beseer en sy het ʼn groot sny aan haar kop gehad.

Petro is Sondagoggend geopereer en toe sy uit die teatersaal kom, het die dokters aan Martin gesê dat sy sukkel om asem te haal. “Hulle het vir my gesê om net ʼn draai te gaan stap en 15 minute later het hulle vir my kom sê haar longe het platgeval en sy is dood,” het hy hartseer gesê.

Volgens Martin is hy nie kwaad vir die bakkiebestuurder nie, omdat hy weet dat hy dit nie met opset gedoen het nie. “Die oomblik toe die bakkie tot stilstand kom, het hy uitgespring en gesê hy het aan die slaap geraak. Hy het pas ʼn 14 ure-skof klaar gewerk en wou ook maar net brood op sy familie se tafel sit. Dit was nie sy skuld nie – dit was ʼn ongeluk,” het Martin gesê.

Hy het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

“Ek sal Hendro onthou vir die liefdevolle en sprankelende kind wat hy was. Hy was uitgesproke en ʼn gebore leier wat altyd die voortou in ʼn situasie geneem het. Hendro was nogal baie soos Petro. Sy was ʼn regte mamma-hen wat net altyd wou seker maak dat almal om haar oukei is. Sy was ʼn wonderlike ma en vrou.”

Laerskool Totiusdal, waar Hendro in graad 6 was, het ook Dinsdag ʼn huldeblyk aan hom op Facebook gedeel en gesê sy vrolike en ondeunde gesiggie sal altyd onthou word.

ʼn Gesamentlike roudiens sal Vrydag vir Hendro en Petro in Waverley, Pretoria, gehou word. Albei sal veras word.

Die egpaar het ook ʼn ouer seun, Cornel (21).


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!