Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

PE-man weke na aanranding oorlede

$
0
0

Charl Meyer. Foto: Facebook

Charl Meyer. Foto: Facebook

Charl Meyer, ʼn werknemer van die Nelson Mandelabaai Munisipaliteit, wat byna vier weke gelede buite sy kantoor in Port Elizabeth aangerand is, is Sondag oorlede.

Willem Petzer, ʼn goeie familievriend, het Meyer se dood aan Maroela Media bevestig. “Al Charl se vriende en mense wat hom geken het, kan dit nie glo nie. Dit is verskriklik,” het Petzer gesê.

Volgens Petzer is Meyer glo laat die aand buite sy kantoor deur twee verdagtes oorval en erg aangerand. Die aanvallers het glo sy selfoon en sakmes gesteel. Meyer kon daarin slaag om terug te gaan na sy kantoor en hulp te ontbied en hy is na ʼn hospitaal gehaas.

“Soos ek verstaan, is hy erg aangerand en sy wangbeen was onder meer gekraak, maar hy kon nog vertel wat gebeur het. Hy is ontslaan, maar is ʼn paar dae later weer opgeneem toe dit duidelik geword het hy is eintlik baie erger beseer,” het Petzer gesê. Meyer is in die hospitaal se waakeenheid opgeneem en is weke later weens breinbloeding en bloedklonte wat gevorm het, oorlede.

“Ek het Charl in 1991 leer ken en hy was nog altyd ʼn pligsgetroue, lojale mens; iemand wat jy nie sou dink vyande kon gehad het nie,” het Petzer gesê. “Hy was so ʼn opregte mens, die beste vriend waarvoor jy ooit kon vra. ʼn Ware heer vir wie almal lief was. Hy sal so baie gemis word.”

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê een verdagte, Michael Maartens, is vroeër in verband met die aanval in hegtenis geneem. Hy het reeds in die hof verskyn en is op waarskuwing vrygelaat.

Naidu het gesê die klag van aanranding sal nou moontlik verander word na een van moord, maar die ondersoekspan wag eers op die uitslae van die nadoodse ondersoek voordat dit finaal bevestig kan word. Sy kon nie onmiddellik bevestig of Maartens weer in hegtenis geneem sal word of wanneer hy weer in die hof sal verskyn nie.

ʼn Roudiens vir Meyer sal na verwagting Vrydag om 14:00 by die NG Kerk Vanstadensrivier gehou word. Charl laat sy vrou, Marzane, agter.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!