Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Man gee homself oor ná verkeersbeampte sterf

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

ʼn Motoris van Limpopo wat Sondag in Tzaneen glo betrokke was in ʼn tref-en-trap-ongeluk waartydens ʼn verkeersbeampte gesterf het, is in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig die 40-jarige verkeersbeampte, deel van die Groter Tzaneen-munisipaliteit se Mopani-distrik, was op die R36 naby die Macdonald-varsproduktemark aan diens toe ʼn motor hom gestamp en die motoris weggejaag het. Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die ongeluk het ongeveer 15:30 plaasgevind.

“Die motief vir die ongeluk is nog nie bekend nie, die ondersoek duur voort,” het Ngoepe gesê.

Volgens hom het die motoris homself Sondagaand by sy naaste polisiestasie oorgegee.

Die verdagte verskyn Dinsdag in die Tzaneen-landdroshof op aanklag van strafbare manslag.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!