Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Video: Rykmanskind oorleef 240 km/h-botsing

$
0
0
Branbestryders op die toneel. Foto: AP

Brandbestryders op die toneel. Foto: AP

Die video van ʼn seun van ʼn ryk sakeman in Thailand wat teen ʼn hoë snelheid ʼn motor op ʼn hoofweg tref en die botsing met geringe beserings oorleef, het ʼn herrie op sosiale media veroorsaak.

ʼn Ander motor se aanboord-kamera het die hele voorval op video vasgelê waarna die video op YouTube gelaai is. Op die video sien ʼn mens ʼn motor wat rustig in die stadige baan ry en oomblikke later van agter af deur ʼn swart Mercedes getref word. Die Mercedes het na bewering 240 km/h teen die ander motor vasgejaag.

Albei insittendes, gegradueerdes in hul 30’s, in die voorste motor is op die toneel dood. Die man wat die Mercedes bestuur het, het egter net geringe beserings opgedoen en wou nie instem tot alkohol- en dwelmtoetse nie. Die polisie het glo sy wense gerespekteer.

Die botsing het op 13 Maart plaasgevind, maar die video het eers verlede week op sosiale media begin verskyn. Die botsing het die kwessie van die straflose kultuur van die rykes in Thailand weer onder die vergrootglas geplaas.

Die Mercedes-bestuurder, Janepob Verraporn (37), is nou boaan die lys van “Bangkok’s deadly rich kids”.

Songpol Wattanachai, nasionale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê dat die publiek vertroue moet hê in die polisie en dat “geregtigheid sal geskied”.

Verraporn staan tereg op ʼn aanklag van dronkbestuur. Hy is tans by een van Bangkok se privaat hospitale.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images