Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Oorskot van apartheid-gevangenes opgegrawe

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

Die oorskot van politieke gevangenes wat in die apartheidsjare in die ou Pretoria-gevangenis gehang is, sal opgegrawe word en aan hul families besorg word.

Hierdie projek is Woensdag deur die minister van justisie en korrektiewe dienste van stapel gestuur. Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die departement, het gesê 130 politieke gevangenes is destyds in die tronk, nou bekend as die Kgosi Mampuru II Korrektiewe Sentrum, gehang.

“Die aankondiging van die Galg-opgrawingsprojek behels die opgrawing van 83 gevangenes se oorskot wat deur die apartheidsregering gehang en in ongemerkte grafte begrawe is,” het Mhaga gesê. “Altesaam 130 gevangenes is tussen 1960 en 1990 by die gevangenis gehang en die oorskot van 47 is intussen al opgegrawe.”

Volgens Mhaga was die gevangenes meestal lede van die Pan Africanist Congress se gewapende vleuel, Poqo, en die United Democratic Front (UDF). Die oorskot sal aan hul families besorg word sodra die gevangenes positief geïdentifiseer is.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!