Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

AfriForum-verslag oor skending van minderheidsregte vrygestel

$
0
0
Graffiti op 'n muur by die Universiteit van Pretoria tydens betogings oor die taalbeleid by dié universiteit in Februarie 2016 Foto: Verskaf

Graffiti op ‘n muur by die Universiteit van Pretoria tydens betogings oor die taalbeleid by dié universiteit in Februarie 2016 Foto: Verskaf

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ʼn verslag vrygestel wat glo daarop wys dat daar ʼn “stelselmatige skending van taal-, kultuur- en minderheidsregte” in Suid-Afrika plaasgevind het.

AfriForum het gesê die Burgerregte-indeks, wat in 2015 saamgestel is, is gebaseer op gebeure wat gelei het tot die gewelddadige botsings op kampusse en tot konflik oor universiteite se taalbeleide.

“Gedurende die afgelope paar jaar is die beskerming van hierdie regte moeiliker gemaak deur die voortdurende naamsveranderingsage, Pansat se ontbinding en stellings soos dié oor minderhede deur Lulu Xingwana, die voormalige Suid-Afrikaanse minister van vroue, kinders en mense met gestremdhede,” het Mariska Batt, woordvoerder vir AfriForum, in ʼn verklaring gesê.

Volgens Johan Nortjé, ’n navorser verbonde aan die AfriForum-Navorsingsinstituut, is een van die redes hiervoor dat ons nou ʼn omgewing beleef waar basiese burgerregte en die Grondwet toenemend ondergeskik gestel word aan politieke ideologieë soos transformasie.

Volgens die verslag het sommige van die regte, wat nie doeltreffend deur die regering beskerm is nie, tydens 2015 verswak.

Eiendomsreg in Suid-Afrika is toenemend in gedrang: Sewe wette wat private eiendomsreg raak, is in 2014 goedgekeur, insluitend die Wet op die Beskerming van Beleggings (Wet No. 22 van 2015), wat deur die President geteken is en van krag geword het op 15 Desember 2015.

ʼn Toename in die vlak van openbare geweld teen munisipaliteite: Volgens die SAPD het skareverwante insidente veral toegeneem met 1 165 voorvalle vanaf 2013/2014 tot 2014/2015, wat die reg op samekomste, betogings, stakings en petisie affekteer. Dit sal ook ʼn invloed hê op politieke regte in 2016.

Die reg op lewe: Voorvalle van moord het toegeneem van 17 023 in die boekjaar 2013/2014 tot 17 805 vir die tydperk 2014/2015.

AfriForum is van mening dat een van die beste maniere om die afhanklikheid van die regering te verminder en om regte uit te oefen, is deur middel van instrumente van aktivisme en die bevordering van onafhanklike instellings wat die tekortkominge van die staat kan aanvul.

ʼn Omvattende verslag is hier beskikbaar.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images