Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘Pistorius-swendelaar’ in hof

$
0
0
Argieffoto ter illustrasie.

Argieffoto ter illustrasie.

Die 33-jarige man wat glo probeer het om R250 000 omkoopgeld van Oscar Pistorius te eis vir sy “vryheid”, het Dinsdag sy eerste verskyning in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Pretoria gemaak.

Die beskuldigde, Tshifhiwa Reuben Radzhadzi, het regdeur die hofverrigtinge sy kop bedek, en gesê dat hy nier-verwante kwale het en nie enige medikasie het nie.

Radzhadzi staan tereg op aanklag van korrupsie en ʼn moontlike aanklag van afpersing kan by sy klagstaat gevoeg word.

Aanklaer Willem van Zyl het versoek dat die saak uitgestel word omdat die polisie nog moet vasstel of Radzhadzi uitstaande sake teen hom het alvorens hy vir borgtog kan aansoek doen.

Die saak is tot Donderdag uitgestel. Landdros Nicca Setshogoe het opdrag gegee dat Radzhadzi in die tussentyd mediese behandeling ontvang.

Radzhadzi het na bewering homself as ʼn beampte van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) voorgedoen en R250 000 omkoopgeld van Pistorius geëis om sy moordsaak “te vernietig” en vryheid te waarborg.

Hy is Vrydagmiddag naby die hooggeregshof in Pretoria deur die Valke in hegtenis geneem nadat hulle vir hom ʼn lokval gestel het.

Volgens brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, is die Valke Donderdagaand ingelig oor die “beampte”. Die verdagte het Pistorius glo genader en R250 000 geëis om die moordsaak teen hom te laat “vernietig”.

Die Valke het ʼn lokval gestel en die man is in hegtenis geneem nadat hy ʼn R40 000 “deposito” in ontvangs geneem het.

Annelise Burgess, woordvoerder van die Pistorius-familie, het bevestig dat Pistorius deur ʼn man genader is wat hom glo as ʼn NVG-beampte voorgedoen het. “Oscar het die Valke daarvan in kennis gestel, en die Valke het ʼn lokval opgestel,” het Burgess gesê. “Ons loof die Valke vir hul spoedige optrede en die manier waarop hulle die saak hanteer het.”

Die konstitusionele hof het vroeër vandeesmaand Pistorius se aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding afgekeur. Die konstitusionele hof was Pistorius se laaste poging om uit die tronk te bly nadat hy Reeva Steenkamp in 2013 doodgeskiet het. Pistorius verskyn op 18 April in die Pretoriase hooggeregshof om gevonnis te word op aanklag van moord.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!