Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘Rhodes-reeksverkragter’ soek nie borgtog

$
0
0

hof-hamer

Argieffoto.

Die 35-jarige man wat beskuldig word van ʼn reeks verkragtings naby die Rhodes-gedenkteken aan die hang van Tafelberg in Kaapstad, het Vrydag in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Die man staan tereg op verskeie aanklagte van verkragting, ontvoering, gewapende roof en poging tot moord. Hy het aan landdros Hafiza Mohamed gesê dat hy nie om borgtog sal aansoek doen nie.

Die saak is tot 17 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

Die man is ʼn week gelede naby die gedenkteken in hegtenis geneem nadat die Universiteit van Kaapstad ʼn beloning van R100 000 uitgeloof het.

Tydens sy eerste hofverskyning Maandag het die polisie gesê dat hy slegs tereg sal staan op aanklagte in verband met die verkragting van ʼn 23-jarige vrou in November verlede jaar. Die polisie het gesê dat hy nie onmiddellik met die reeks ander aanvalle in die gebied verbind kon word nie.

Verskeie vroue, onder wie vier UK-studente, is onlangs naby die gedenkteken aangeval.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621