Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Betogings: Vonke spat in Limpopo

$
0
0
Betogers Donderdag in Mookgopong. Foto: ANA

Betogers Donderdag in Mookgopong. Foto: ANA

Brande is Woensdagaand in twee Limpopo-dorpe gestig, by ʼn huis en ʼn laerskool, vermoedelik deur ontstoke inwoners wat oor dienslewering betoog.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê in Modimolle (Nylstroom) is die burgemeester se ouers se huis in Phagameng met klippe en ʼn petrolbom bestook.

“Geringe skade is aan die sitkamer aangerig aangesien die inwoners vinnig die brand kon blus voordat dit versprei het. Niemand is beseer nie. “Twee mense word ondervra,” het Otto Vrydag gesê.

Inwoners in die gebied betoog al ʼn geruime tyd oor onder meer ʼn gebrek aan water. Hulle dring ook daarop aan dat die burgemeester, Elizabeth Lekalakala, bedank. Lekalakala se huis is op 23 Februarie ook beskadig.

In Mookgophong (Naboomspruit) is die skoolsaal van die Mokari Secondary School aan die brand gesteek. “Erge skade is aangerig. Geen beserings is aangemeld nie en niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het Otto gesê.

Die polisie ondersoek twee sake van brandstigting.

Otto het gesê die situasie in albei dorpe was teen Vrydagoggend kalm. Openbareorde-polisie bly in die gebiede om die situasie dop te hou.

Donderdag het Stan Mathabatha, Limpopo se premier, die gebied besoek om met die betogende inwoners te praat. Betogers het egter geweier om hul eise met hom te bespreek omdat die polisie nie die vergaderpunt wou verlaat nie. Die inwoners is woedend vir die polisie nadat ʼn plaaslike inwoner, Ben Matlou, Maandag tydens ʼn skermutseling tussen die polisie, ʼn private veiligheidsmaatskappy en betogers doodgeskiet is.

Mathabatha moes die gebied verlaat toe die betogers gewelddadig begin raak het. Die inwoners betoog ook oor dienslewering en dring daarop aan dat die burgemeester, Sara Manyamane, bedank.

Mathabatha het gesê hy is optimisties dat die regering oplossings vir die betogende inwoners se probleme sal vind. Hy het gesê al het inwoners die reg om te betoog, is hy omgekrap oor die vlakke van geweld wat tydens die betogings kop uitsteek.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!