Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Durban-dokter en sy vrou vrygespreek oor mensehandel

$
0
0
Genchen Rugnath en sy vrou Ravina Foto: Tebogo Letsie

Genchen Rugnath en sy vrou Ravina Foto: Tebogo Letsie

ʼn Dokter van Durban en sy vrou is vrygespreek op alle aanklagte van mensehandel, swendelary en dat hulle ʼn bordeel bedryf het, terwyl drie van hulle vermeende medepligtiges deur lewenslange tronkstraf in die gesig gestaar word.

Landdros Simphiwe Hlophe het Donderdag dr. Genchen Rugnath en sy vrou Ravina in die Durbanse streekshof vrygespreek op alle aanklagte.

Sandile Patrick Zweni (37), Nonduzo Dlamini (24) en Bhabha Dubazini (29) is skuldig bevind op ʼn reeks aanklagte wat verband hou met ʼn prostitusiekring wat hulle in Rugnath se hotel, die Inn Town Lodge, bedryf het.

Hlophe, wat vroeër die staat se getuie as ʼn ‘patologiese leuenaar’ beskryf het, het gesê weens Veena Budhram se leuens, sou dit baie moeilik vir die Rugnaths gewees het om te weet wat aangaan. Budhram het die hotel namens die egpaar bestuur.

“Veena het só baie gelieg, dat dit onmoontlik was vir hulle om te weet wat aangaan,” het hy gesê.

Hy het gesê die feit dat Rugnath blanko getekende tjeks gegee het, beteken dat hulle haar onvoorwaardelik vertrou het en dit was dus hoogs onwaarskynlik dat hulle bewus was van die bordeel.

Die vyf beskuldigdes het vroeër skuld ontken op die 156 aanklagte.

Zweni is uiteindelik skuldig bevind op 39 aanklagte, Dlamini op 38 aanklagte en Dubazini op 34 aanklagte. Hulle is al drie skuldig bevind op aanklag van swendelary, die bestuur van ʼn bordeel, seksuele uitbuiting van ʼn minderjarige, leef op die inkomste uit prostitusie, mensehandel vir seksuele doeleindes en handeldryf in kokaïen. Zweni en Dlamini is ook skuldig bevind op aanklagte van ontvoering en Zweni op aanklag van verkragting van ʼn minderjarige en aanranding.

Hlophe het gesê die getuienis teen die drie mans is oorweldigend.

Hy het al vyf persone vrygespreek op een van die aanklagte van mensehandel. Hy het bevind dat ʼn sleutelgetuie, Pinky Ngcobo, gelieg het dat sy ooit by die hotel was waar die beweerde misdaad gepleeg is, en hy kon dus nie haar getuienis aanvaar nie.

Die Rugnaths is ook vrygespreek op aanklag dat hulle alkohol by die hotel verkoop het sonder ʼn geldige dranklisensie.

Die staat het aangevoer die egpaar het wetend en bewustelik Zweni toegelaat om die prostitusiekring uit hul hotel te bedryf, waar meisies so jonk as 12 jaar oud aan ʼn lewe van dwelmmiddels blootgestel is. Hulle kon daarna slegs vir die dwelmmiddels betaal uit die geld wat hulle uit prostitusie verdien het.

Die vyf beskuldigdes is in hegtenis geneem ná ʼn polisie-ondersoek.

Hlophe het bevind die enigste persoon wat die Rugnaths geïmpliseer het, was Budhram, hul bestuurder. Maar Budhram, wat as staatsgetuie opgetree het ʼn week ná haar inhegtenisneming, het tydens die hofsaak erken dat sy geld van die maatskappy gesteel het en haar eie spysenieringsmaatskappy bedryf het deur haar werkgewer se fasiliteite te gebruik.

Nie een van die vroue of meisies wat getuig het, het ooit die dokter of sy vrou gesien nie, en het aan die hof gesê hulle is aangesê om die hotel te verlaat die oomblik wat die Rugnaths die hotel besoek het.

Staatsaanklaer Yuri Gangai het gesê hy gaan lewenslange tronkstraf versoek vir die drie mans. Al drie is vantevore ook op ander aanklagte skuldig bevind. Zweni is vantevore skuldig bevind op aanklag van aanranding en strafbare manslag, en Dlamini en Dubazini is vantevore skuldig bevind op dwelmverwante aanklagte.

Die drie sal op 9 Mei na die hof terugkeer vir vonnisoplegging. Budhram sal ook dan in die hof verskyn waar die besluit geneem sal word of sy aangekla moet word.

Ravina het uit vreugde begin huil nadat Hlophe gesê het die Rugnaths kon die hof verlaat.

Lees alle vorige berigte oor Genchen Rugnath op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!