Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Tafelberg: Vrou hang ure aan rotslysie toe sprong skeefloop

$
0
0
Die plek op Tafelberg (ongeveer 150 m links van Platteklip-ravyn) waar die vrou op 17 Maart 2016 ure lank aan haar valskermtou gehang het toe haar basissprong skeefgeloop het. Die kop in die agtergrond is Duiwelspiek (Foto: David Bruiners, AMS)

Die plek op Tafelberg (links van Platteklip-ravyn) waar die vrou op 17 Maart 2016 ure lank aan haar valskermtou gehang het toe haar basissprong skeefgeloop het. Die kop in die agtergrond is Duiwelspiek (Foto: David Bruiners, AMS)

ʼn 31-jarige vrou is Donderdag van Tafelberg gered nadat sy ure aan ʼn tou moes hang toe haar sweefskermsprong skeefgeloop het.

“Die Wes-Kaapse nooddienstehelikopster is omstreeks 12:00 na die toneel ontbied,” het Vanessa Horn, woordvoerder van die Air Mercy-helikopterdiens, gesê. “Die vrou het ongeveer 09:00 die basissprong onderneem toe haar valskerm aan die rots vasgehaak het.”

Volgens Robert Daniels, woordvoerder van die departement, het die voorval links van Platteklip-ravyn plaasgevind.

Volgens Horn het die vrou ongeveer twee ure lank onderstebo aan ʼn rotslys aan een van die toue van haar valskerm gehang. Boonop het die winderige toestande begin vererger.

“Altesaam 10 reddingsbeamptes moes op die berg via die reddingshelikopter ontplooi word,” het Horn bygevoeg. Een van die reddingsbeamptes is ontplooi om die vrou se veiligheid op die berg te verseker terwyl ʼn toustelsel in plek gekry is om haar op te hys.

“Danksy wonderlike spanwerk is die vrou drie ure later tot bo-op die berg gehys waar die AMS-helikopter die pasiënt en reddingsbeampte van die berg gered het,” het sy verduidelik.

Die mediese span het die vrou ondersoek en sy het slegs ʼn geringe voetbesering opgedoen. “Sy het weggeloop van ʼn voorval wat baie maklik ʼn noodlottige ongeluk kon wees,” het Horn gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!