Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Betoger in Mookgophong doodgeskiet

$
0
0
'n Nyala-pantservoertuig is met petrolbomme bestook tydens betogings in Mookgophong, Limpopo op 14 Maart 2016 (Foto verskaf deur die SAPD)

‘n Nyala-pantservoertuig is met petrolbomme bestook tydens betogings in Mookgophong, Limpopo op 14 Maart 2016 (Maroela Media vra om verskoning vir die gehalte van die foto. Foto verskaf deur die SAPD)

ʼn Betoger is tydens ʼn diensleweringsbetoging in Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo doodgeskiet.

Die polisie het Dinsdag bevestig ʼn persoon is doodgeskiet, maar ontken dat hulle enigiets daarmee te doen gehad het. Volgens die polisie het hulle nie Maandagaand skerp ammunisie gebruik om die gewelddadige betogings in die gebied te beheer nie.

Volgens plaaslike inwoners was die 50-jarige man een van die betogers, wat hul weg na burgemeester Sara Monyamane se huis probeer baan het, toe hy geskiet is.

Die polisie het gesê hulle probeer bepaal wie die skoot afgevuur het wat die man getref het.

“Ons is nie seker wie van skerp ammunisie gebruik gemaak het nie,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, gesê. “Ons het nie skerp ammunisie gebruik nie. Die saak is wel na die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) verwys.”

Inwoners eis dat Monyamane moet bedank. Die betogers het oor die naweek die strate ingevaar, paaie versper en ʼn huis aan die brand gesteek.

Die betogings het Maandag hervat. Die paaie is weer versper en vier huise is aan die brand gesteek. Die huise behoort na bewering aan Monyamane en ander raadslede.

Otto het gesê die polisie se Nyala-pantservoertuig is met petrolbomme bestook. “Dit het aan die brand geslaan, maar die polisiebeamptes is gered en die brand is geblus voor te veel skade aangerig is.”

Volgens die polisie het hulle eers later uitgevind iemand wat tydens die betogings geskiet is, het by ʼn plaaslike kliniek aan sy wond beswyk. “Lede van die gemeenskap het hom weggeneem, so dit is nie duidelik waar die skietery plaasgevind het nie. Dis ook nie duidelik wie die skote gevuur het nie. Opod ondersoek die voorval,” het sy gesê.

Minstens 22 persone is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging. “Ons het ook berigte ontvang dat winkels van uitlanders geplunder is,” het Otto bygevoeg.

Volgens die polisie is die situasie onder beheer, maar dit bly gespanne. Slegs ʼn paar paaie binne die informele nedersetting word tans versper.

Huise is aan die brand gesteek tydens betogings in Mookgophong, Limpopo op 14 Maart 2016 (Foto verskaf deur die SAPD) Huise is aan die brand gesteek tydens betogings in Mookgophong, Limpopo op 14 Maart 2016 (Foto verskaf deur die SAPD) 'n Nyala-pantservoertuig is met petrolbomme bestook tydens betogings in Mookgophong, Limpopo op 14 Maart 2016 (Maroela Media vra om verskoning vir die gehalte van die foto. Foto verskaf deur die SAPD)

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!