Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Man op plaas oorval, doodgeslaan

$
0
0

Argieffoto: enca.com

Argieffoto: enca.com

ʼn Man van Rhenosterspruit, naby Lanseria, is Maandag wreed in sy huis met ʼn stuk hout doodgeslaan.

Izak Pieters, voorsitter van die plaaslike AfriForum-buurtwag, het aan Maroela Media gesê Johan Le Roux is vermoedelik tussen 12:00 en 13:00 in sy huis op ʼn plaas in die bewaringsgebied deur vier verdagtes oorval en vermoor. Sy vrou het glo op sy liggaam afgekom.

Volgens Pieters het die aanvallers, ʼn vrou en drie mans, verskeie waardevolle items uit die huis gesteel en met Le Roux se twee voertuie gevlug. Een van die voertuie is Dinsdagoggend glo verlate in Lenasia gevind.

Die toegang na die bewaringsgebied word met ʼn valkhek beheer, maar enigiemand kan glo ingaan. Die polisie het na bewering reeds ʼn vermoede wie die aanvallers is en is besig om beeldmateriaal na te gaan om hul identiteit te bevestig.

Volgens Pieters is drie verdagtes intussen in verband met die voorval in hegtenis geneem. Maroela Media het sedert Maandagaand probeer om inligting van die polisie te kry, maar wag steeds op kommentaar.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!