Die kleinseun, wie se naam nie genoem kan word totdat hy gepleit het nie, is op borgtog van R7 000 vrygelaat. Landdros Paul du Plessis het die saak tot 16 September uitgestel. Die 24-jarige man word daarvan aangekla dat hy ’n 15-jarige meisie in die badkamer van ʼn restaurant in Johannesburg verkrag het.
Die verdagte se borgtogvoorwaardes sluit onder meer in dat hy nie Gauteng mag verlaat nie en al sy reisdokumente moet inhandig. Hy mag ook nie op enige ander plek woon as die adres wat hy aan die hof verskaf het nie.
Die verdagte is gewaarsku om nie op enige wyse met staatsgetuies te kommunikeer nie, insluitend op sosiale media.