Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Pikitup-lede moet dadelik terugkeer werk toe, sê Samwu

$
0
0
Pikitup-werkers het vullisdromme in die strate omgekeer (Hoek van Jeppe- en Von Brandisstraat in Johannesburg se middestad) Foto: Siphelele Dludla/ANA

Pikitup-werkers het vullisdromme in die strate omgekeer (Hoek van Jeppe- en Von Brandisstraat in Johannesburg se middestad) Foto: Siphelele Dludla/ANA

Die nasionale kantoor van die munisipalewerkersvakbond Samwu het Vrydag sy streeksleierskap versoek om lede by Johannesburg se vullisverwyderingsmaatskappy Pikitup, toe te laat om dadelik terug te keer werk toe.

Pikitup-werkers maak amok in die stad sedert die staking oor salariskwessies begin het, deur vullisdromme dwarsoor die stad om te keer.

Stakende Pikitup-werkers het egter glo Vrydag met lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en beamptes van die Johannesburgse metropolisie in Rissikstraat gebots. Die stakende werkers is met skokgranate bestook in ʼn poging om hulle te verjaag.

Een besering is aanvanklik aangemeld, toe ʼn vrou glo deur ʼn rubberkoeël getref is. Sy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Paul Tlhabang, streeksadjunksekretaris van Samwu, was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

Pikitup-werkers het vullisdromme in die strate omgekeer (Hoek van Jeppe- en Von Brandisstraat in Johannesburg se middestad) Foto: Siphelele Dludla/ANA

Pikitup-werkers het vullisdromme in die strate omgekeer (Hoek van Jeppe- en Von Brandisstraat in Johannesburg se middestad) Foto: Siphelele Dludla/ANA

Vrydag is die derde dag van die onwettige staking, ondanks ʼn ultimatum wat die maatskappy Donderdag uitgereik het dat die werkers moet terugkeer.

Volgens ʼn verklaring wat namens Samwu se nasionale kantoor uitgereik is, het die vakbond met streeksleierskap, wat tans die betogings lei, in gesprek getree. “Ons het stappe gedoen om seker te maak dat ons lede se wettige griewe aangespreek word en ons sal in dié verband met Pikitup-bestuur vergader. Ons doen ʼn beroep op lede by Pikitup om terug te keer werk toe, sodat die proses voortgesit kan word. Ons lede moet terugkeer werk toe sodra die volgende skof begin,” het Samwu gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!